ANC se komplot-kommer: Is Indië nog deel van BRICS?

Deel op

Die ANC in KwaZulu-Natal sê die VSA en Brittanje voer ‘n komplot om van President Jacob Zuma en sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff ontslae te raak.

Die rede daarvoor is glo dat Anglo-Amerikaanse beleidsmakers die Brics-lande as ‘n bedreiging vir hul ekonomiese beheer beskou.

Indië word egter nie deur die VSA en Brittanje as ‘n bedreiging gesien nie, maar as ‘n bondgenoot.

Die verhouding met China kan op die langduur problematies raak aangesien Rusland goeie verhoudinge met die Chinese aangeknoop het.

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het ‘n lesing by die Universiteit van Zululand naby Empangeni gelewer.

Zikalala het die totstandkoming van die Brics-ontwikkelingsbank as ‘n keerpunt beskryf, wat politieke aanvalle in vlae sal meebring, het RSG berig.

Die geopolitieke omstandighede is egter meer verwikkeld as wat die Zoeloeleiers en Gupta-vennote wil voorhou.

Indië se premier Modi het ‘n reeks besluite oor die afgelope maand geneem wat toon dat sy land se strategiese berekeninge radikaal verander het sedert die Amerikaanse minister van verdediging Ashton Carter se besoek verlede maand.

Elemente van ‘n anti-Chinese spilpunt is in Indië se jongste beleidsverklarings opgemerk na die “logistieke dienste-ooreenkoms” (LSA) met die VSA wat glo tans onderhandel word.

Reuters haal Amerikaanse militêre amptenare aan wat beweer dat die LSA die twee lande “sal toelaat om mekaar se grond-, lug- en vlootbasisse vir voorrade, brandstof en rus te deel”.

Dit beteken in werklikheid dat die VSA effektief die reg verkry het om volle spektrum rotasiemagte oral in die hele Indië op ‘n gereedheidsgrondslag te plaas ten einde China te beheer.

Alhoewel Rusland voorheen wapens aan Indië verskaf het, het die VSA intussen oorgeneem as die land se grootste verskaffer. Die Indiërs is selfs ‘n Amerikaanse vliegdekskip belowe.

Indië was sigbaar ontsteld na China verlede jaar aangekondig het dat $46 miljard bestee sal word aan ‘n China-Pakistan Ekonomiese Korridor (CPEC) wat deur die Pakistani-geadministreerde Kasjmir sal loop.

Nieu-Delhi het klaarblyklik Amerikaanse planne om Eurasiese integrasie te saboteer verwelkom deur ‘n konferensie te reël van Chinese dissidente, iets wat Indië met sy botsende etniese groepe skaars kan beskostig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.