ANC verwerp Tsonga-minderheidsaansprake

Deel op

Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie.

President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog” oor die geweld en oproer in die gebied omdat 17 skole afgebrand is.

Mahlobo het ontken dat misdaadintelligensie misluk het, en dat dit die rede is hoekom die 24 skole wat aan die brand gesteek is, nie gered kon word nie.

Die minister van samewerkende regering, David van Rooyen het ook sê die regering gaan nie die besluit deur die Munisipale Afbakeningsraad omkeer nie.

Tsongas is woedend oor die samesmelting van Vuwani en Malamulele in Limpopo.

Hulle sê hulle wil nie onder Vendas se gesag wees nie. Oproer en onrus teister die gebied al maande lank terwyl die ANC leë beloftes maak oor inspraak en toegewings.

Verskeie skole is tydens gewelddadige protesoptrede afgebrand nadat die Hooggeregshof vroeër ten gunste van die Afbakeningsraad beslis het.

Van Rooyen het Donderdagaand in Thohoyandou gesê inwoners wat teen die besluit is, moet teen die hofbeslissing appelleer.

Intussen is nog sewe verdagtes in hegtenis geneem nadat 17 skole in die gebied afgebrand is.

Dit bring die aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is vir openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in Vuwani, op twaalf te staan.

Die Menseregtekommissie sê kommer heers oor 26 000 swart skoolkinders in Vuwani in Limpopo se reg tot toegang tot onderwys, wat geskend word.

Onderrig in die gebied is gestaak te midde van voortslepende gewelddadige betogings, en sowat 24 skole is al aan die brand gesteek en beskadig.

Die provinsiale Menseregtekommissaris, Victor Mavhidula het die geweld veroordeel. Hy sê mense kan ook sukses bereik deur om ‘n tafel te sit en hul griewe te spreek, eerder as om eiendom aan die brand te steek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.