Booswigte slaan op Bethal toe

Deel op

Booswigte het op Bethal toegeslaan wat tot skietgevegte tussen hulle en die polisie gelei het.

Konst. Thomas Mogadime van die plaaslike polisiestasie het bevestig dat rowers weer eens die dorp geteister het.

Die Delicatessen in Chris Hanistraat is die week beroof.

North City Wholesalers is ook op 4 Mei beroof.

Na wat verneem word, was daar ‘n hewige skietery tussen die polisie en die rowers.

Inwoners het hul kommer uitgespreek oor misdaad wat op Bethal hand uitruk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.