Etniese spanning kook oor met 17 skole reeds afgebrand

Deel op

Nog twee skole in die Vuwani-gebied naby Thohoyandou in Limpopo is afgebrand deur die inwoners na ‘n hofuitspraak wat teen hulle beslis het.

Die Tsongas is woedend oor die Hooggeregshofuitspraak wat hul aansprake op ‘n eie taalgebied van die hand gewys het en die ANC se onwilligheid om die voortslepende etniese onderdrukking op te los.

Die Departement van Basiese Onderwys sê kinders in Vuwani sal onder die bome moet skoolgaan. Die departement van Basiese Onderwys gaan ‘n span na Vuwani stuur om die omvang van die skade te bepaal.

Nege skole is Disndagaand aan die brand gesteek, vermoedelik deur woedende inwoners, terwyl nog vier beskadig is.

Lede van die gemeenskap wil nie hul gebied ingelyf hê by ‘n nuwe munisipaliteit nie en wil eerder onder die Makhado Munisipaliteit bly.

Etniese geweld het uitgebreek oor die Afbakeningsraad se besluit om dele van Vuwani en Malamulele by ‘n nuwe munisipaliteit in te lyf.

Die Tsonga-tuisland, die voormalige Gazankulu, wil nie deel wees van die Venda-gebied nie. Hulle voel dat hulle taal en identiteit bedreig word deur die Noord-Sothos en Vendas.

Daar is reeds 17 skole in puin gelê in die uitgebreide veldtog om skole aan die brand te steek.

Die Pedi-premier van Limpopo, Stanley Chupa Mathabatha het intussen ‘n beroep op gemeenskapsleiers in Vuwani gedoen om kalmte en orde in die gebied tot stand te bring.

Mathabatha is direk verantwoordelik vir die heersende chaos aangesien die oud-MK-lid ‘n deurslaggewende rol gespeel in die konsolidasie en transformasie van die destydse Bantoe-administrasies van Lebowa, Venda en Gazankulu onder die Transvaalse Provinsiale Administrasie (TPA).

Alhoewel hy aktief deur die DA gesteun word, is die Pedi baie ongewild by die Tsongas sowel as die Vendas. Hy is vermoedelik gekies sodat die ANC nie ‘n Tsonga of Venda hoef aan te stel nie.

Mathabatha, wat aan Harvard gestudeer het, het die vernietiging van eiendom skerp veroordeel en veral die afbrand van skole, alhoewel hyself in 1976 hard deelgeneem het aan skoolvernietiging omdat hy gekant was teen Afrikaans.

Hy was voorheen ambassadeur na die Oekraïene.

Sy woordvoerder, Kenny Mathivha sê die onderwysdepartement in Limpopo ondervind reeds druk om skole-infrastruktuur te voorsien.

‘n Interministeriële taakspan sal glo binnekort uitgestuur word om aan inwoners te verduidelik hoekom hulle die Venda-oorheersing moet aanvaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.