Die Wêreldagentskap teen verbode middels in sport (WADA) het die akkreditasie van die Suid-Afrikaanse laboratorium vir die beheer van opkikkers in Bloemfontein, opgeskort.
Die akkreditasie is tot September opgeskort omdat daar nie aan vereistes voldoen is nie, het RSG berig.
Die laboratorium is die enigste geakkrediteerde fasiliteit van die wêreldorganisasie in Afrika.
Die opskorting beteken dat geen toetse vir opkikkers en verbode middels gedoen kan word nie.
Die opskorting sal glo tot na die Olimpiese Spele In Brasilië geld.