Visumvrye Turkse reise na EU ‘n nagmerrie

Deel op

Die Europese Kommissie gaan volgens berigte vandag voorwaardelike toestemming gee aan Turke vir visumvrye reise in die EU se Schengen-lande.

Europese diplomate het die wetlike proses as ‘n nagmerrie beskryf.

Turkye probeer reeds dekades lank om visumvrye reise in EU-lande te beding. Die Moslem-migrante reis nie na konflikvrye Moslemlande nie.

Dit is volgens berigte deel van ‘n ooreenkoms met Turkye ingevolge waarvan dié land help om die invloei van migrante na Griekeland te keer.

Turkye pers die EU af met die invloei van sogenaamde jong manlike asielsoekers wat vanaf hulle grondgebied die EU binnestroom vanuit Afrika en die Midde-Ooste. Hulle het reeds miljarde ontvang om die mensestroom te beperk.

Hulle dreig om nog meer immigrante deur te laat as die EU aandring dat al 72 voorwaardes vir visumvrye reise nagekom moet word.

Daar heers groot onsekerheid of die EU-burokraat Frans Timmermans sy beloftes sal nakom om Turkye te dwing om die voorwaardes na te kom.

Volgens die EU-voorwaardes, sal premier Erdogan egter sekere toegewings moet maak ten opsigte van vryheid van spraak en die beskerming van minderheidsregte.

Dit hou verband met onlangse voorvalle waar die land se grootste opposisiekoerant deur die regering oorgeneem is, en akademici en joernaliste in hegtenis geneem is.

Kritici sê Brussel ignoreer die kwessies in ‘n desperate poging om die migrantekrisis te stuit.

Angela Merkel hou vol dat Islam deel is van Duitsland, maar die AfD-leier, Frauke Petry het Sondag by ‘n vergadering in Stuttgart gesê it is nie waar nie.

‘n Onlangse opname (in Frans), wat deur die gesiene IFOP-maatskappy vir die Franse dagblad Le Figaro gepubliseer is, het bevind dat 63 persent van die respondente in Frankryk en 48 persent in Duitsland Islam as te sigbaar en te invloedryk in hul gemeenskappe beskou.

Dit is te wyte aan die feit dat daar nog geen aanvalle deur ISIS op Duitse grondgebied was nie.

Twee en vyftig persent van die Franse en 49 persent van Duitse respondente het gesê hulle is gekant teen die bou van moskees.

Die dra van kopdoeke in staatskole is met totale afkeur begroet met 88 persent in Frankryk en 75 persent in Duitsland wat dit nie duld nie.

Nog ‘n bevinding in die peiling is dat 67 persent van die Franse en 60 persent van die Duitse respondente die Moslems blameer dat hulle weier om aan te pas by plaaslike gebruike en waardes.

Frankryk en Duitsland het die grootste Moslembevolkings in die Europese Unie – 4,8 miljoen in Duitsland wat ​​5.8 persent van die totale bevolking uitmaak, en 4,7 miljoen in Frankryk, of 7,5 persent van die bevolking, volgens die Pew Research Center.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.