Na tweede wit olifant jag die Vrystaatse regering liewer rassiste

Deel op

Die kliniek in die swart deel van Senekal, die OR Tambo-seksie, staan ​​steeds leeg nadat dit reeds twee jaar gelede voltooi is, maar Suid-Afrika se ellendige swart regering is uit op ‘n jag teen wit “rassiste” wat sulke kwessies durf opper.

Dit is die tweede gebou – die ander is die Trompsburg-hospitaal – wat ‘n wit olifant geword het nadat dit teen ‘n reusebedrag gebou is.

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê, die kliniek in Senekal kan nie sy deure oopmaak nie want dit is nog nie voltooi nie en die kontrakteur het nie voldoen aan die terme en voorwaardes van die kontrak nie.

Hy het gesê die kliniek is nooit oorhandig aan die provinsiale departement van gesondheid nie.

Die Trompsburg-hospitaal is in 2011 voltooi en is nog nie geopen nie.

Volgens Motsoaledi is die verliese as gevolg van vandalisme en diefstal van toerusting by die kliniek, nie sy probleem nie.

Enige skade is die verantwoordelikheid van die kontrakteur omdat die kliniek nooit oorhandig is aan die departement nie.

Die oorgewig wit Vrystaatse LUR vir finansies het hierdie korrupsie en verkwisting probeer systap deur ook liewer op “rassisme” te fokus.

Elzabe Rockman het haar stem gevoeg by diegene in die regering wat “rassisme” wil laat kriminaliseer tydens ‘n wetgewersitting.

Die onaansienlike dikkerd Rockman – die enigste blanke lid van die uitvoerende raad in die Vrystaat – het gesê dat sy nie veronderstel is om vir die meeste of selfs net ‘n paar wit mense om te praat nie, maar ten minste voel sy verplig om te sê hoe sy voel oor Matthew Theunissen se opmerkings teen die minister van sport op Facebook.

Theunissen het Fikile Mbalula se rassitiese besluit om wittes uit sport te verbied vir groot byeenkomste gekritiseer deur die ANC-minister deel van ‘n “kafferregering” te noem.

Rockman het gesê “Theunissen en ander kan spoeg in die gesig van die Vryheidsmanifes en die Handves van Menseregte, maar hulle sal dit nie doen in haar naam nie”.

Sy het die regering aangemoedig om wetgewing wat nodig is om rassisme te kriminaliseer, te bespoedig.

In wese beteken dit wetgewing teen wittes aangesien Mbalula se rassisme teen wit sportlui wat op meriete verkies word, klaarblyklik nie ‘n probleem is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.