Nadat sy deur ‘n selfaangestelde “antikoloniale” swart aktivis in die kafee waar sy werk beledig is, het ‘n blanke kelnerin van Kaapstad, Ashleigh Schultz, honderde skenkings of “fooitjies” van regoor die wêreld ontvang. Op Donderdag 29 April het Ntokozo Qwabe, ‘n Rhodes-beurshouer aan die Universiteit van Oxford wat sy “dankbaarheid” teenoor Rhodes betoon het deur ‘n onsuksesvolle veldtog te voer om die standbeeld van die beroemde imperialis van Oriel-kollege in Oxford te laat verwyder, geweier om ‘n fooitjie aan Schultz te gee omdat sy wit is.
Qwabe het ‘n boodskap in hoofletters aan die hele blanke ras in Suid-Afrika op ‘n rekening geskryf wat hy van mejuffrou Schultz in die Obzcafé in Kaapstad ontvang het: “WE WILL GIVE TIP WHEN YOU RETURN THE LAND.” Hy het later op Facebook daaroor gespog, asook oor die “blanke trane” waarin sy uitgebars het. Dié inskrywing het viraal versprei en is selfs op die globale webblad Mail Online, wat aan die gewilde Britse koerant met dié titel gekoppel is, geplaas onder die opskrif:
Oxford student who led campaign to remove Rhodes statue boasts that he refused to tip a waitress because she is white and left her in floods of ‘white tears’
Die geldinsamelingsveldtog ten gunste van mejuffrou Schultz het verder momentum gekry toe twee omroepers van Gareth Cliff se aanlynradiostasie, CliffCentral, betrokke geraak het. Roman Cabanac en Jonathan Witt, aanbieders van die program “The Renegade Report”, het besluit om geld vir die blanke kelnerin wie se moeder ook aan kanker ly, in te samel. Hulle het ‘n rekening by Capitec-bank geopen en teen Sondagaand 20:00 toe die veldtog sluit, was daar ‘n totaal van R44 777,70 in die rekening. ‘n Ander veldtog op die skarebefondsingsplatform GoFundMe het tot dusver $6 045 geïn, wat die groottotaal op R130 928 in randterme te staan bring.
Op die GoFundMe-blad ten gunste van die 24-jarige blanke kelnerin, word Qwabe se antiwit tirade teen haar op Facebook prominent vertoon. Dit wil voorkom asof sy polities korrekte minagting vir haar heelwat aanlynsimpatie vir haar geskep het.
Die fondsinsamelingsprojek ten gunste van Ashleigh Schultz het egter kritiek gekry van linksgesindes wat alle blankes steeds as “bevoordeel” beskou. Cabanac is deur die linkse joernalis Nikolaus Bauer op Twitter aangeval (sien onmiddellik hier onder).
*yawn* Let me know when y’all ever collect R30k for black waitrons abused by white patrons (to paraphrase @lesterkk) https://t.co/IidIlYMfi7
— Nickolaus Bauer (@NickolausBauer) May 1, 2016
Die alomteenwoordige anti-Afrikaanse, antiblanke popman Conrad Kock en sy pop Chester Missing het ook aan ‘n rusie met Roman Cabanac en die Renegade Report deelgeneem:
Mr. Missing fails to disclose that he gets paid that amount for a corporate gig. What has he donated? pic.twitter.com/wQXrTkFkkM
— The Renegade Report (@Renegade_Report) May 2, 2016
Op die konserwatiewe Britse tydskrif, The Spectator, se woernaal, skryf Candice Holdsworth dat Qwabe en sy mede-swartaktiviste teen Rhodes en blankes in die algemeen presies dít geword het wat hulle verpes:
A cruel stunt by a group of Rhodes Must Fall activists has exposed just how detached from reality the regressive left’s ‘privilege’ narratives are. Ntokozo Qwabe, one of the most prominent figures of Oxford’s ‘Rhodes Must Fall’ movement, has been publicly gloating on social media about humiliating a white waitress in Cape Town.
Showing a stunning lack of self-awareness, Qwabe, in his recollection of the incident, does not recognise that as a student of law at one of the world’s most prestigious universities, he is probably more privileged than a waitress working a minimum-wage job. Even if she is white and he is black.
PRAAG het mejuffrou Schultz gekontak wat gesê het dat sy al vier jaar lank by ObzCafé werk maar in al dié tyd “nog nooit die voorwerp van ‘n politieke grap of belediging” was nie.
‘n Woordvoerder van ObzCafe het Saterdag aan die media gesê dat hy nie kommentaar wil lewer nie. Die eienaar, Gavin Hagger, het aan die Weekend Argus gesê dat “dit ongelukkig en treurig is” dat klante “die politieke kaart gespeel het”.
Die presiese rede waarom mejuffrou Schultz in trane uitgebars het, is nie tot dusver onthul nie, en kan Qwabe se buffelagtige gedrag in ‘n selfs slegter lig stel.