Noord-Korea se missieltoets misluk

Deel op

Noord-Korea het verlede week ‘n tweede poging in twee weke aangewend om ‘n kragtige middelafstand ballistiese missiel te toets.

Suid-Korea se ministerie van verdediging sê die toets het egter misluk.

Die Musudan-missiel is sover bekend van Wonsan aan die ooskus van die land afgevuur, maar het sekondes na lansering neergestort.

Die mislukte toets het plaasgevind terwyl die land voorberei vir die kongres van die regerende party, waar die leier, Kim Jong-Un, geloof sal word vir die “nuwe hoogtes” wat die land se kernwapenprogram bereik het.

Toenemende kommer heers dat Pjongjang besig is met voorbereidings van ‘n vyfde kerntoets.

Bestaande resolusies van die Verenigde Nasies verbied Noord-Korea om enige ballistiese missielverwante tegnologie te gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.