Wits in rou na sewe verongeluk

Deel op

Sewe swart studente van die Universiteit van die Witwatersrand is Sondagaand dood en ses ander is beseer toe die minibustaxi waarin hulle gery het gebots met ‘n sleepwa op die N1 suid naby Mokopane in Limpopo, het mediese nooddienste gesê.

Vlae by die Universiteit van die Witwatersrand hang halfstok ter nagedagtenis aan die sewe.

Die vise-kanselier van Wits, Adam Habib sê vlae sal vir die res van week halfstok hang. Die universiteit staan ook die families van die studente by.

Hulle was deel van groep wat aan ‘n ZCC-kerkbyeenkoms in Limpopo deelgeneem het.

Die minibus waarin hulle was het op die N1 naby die Nyl tolplaza teen n trekkersleepwa gebots en aan die brand geslaan.

Die bestuurder is ook dood terwyl die ses beseerdes na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Sommige van die studente is onherkenbaar verkool nadat die minibus aan die brand geslaan het.

In nog ‘n voorval is negentien swartes is beseer toe ‘n taxi op die Brickfieldweg-afrit op die N-3 na Durban teen ‘n motor gebots, omgeslaan en gerol het.

Een van die beseerdes is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Die woordvoerder van die nooddienste, Garrith Jamieson sê dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar dat die polisie die saak ondersoek.

Die minister van Vervoer, Dipuo Peters en die Padverkeerbestuurskorporasie het vroeër ‘n beroep op motoriste gedoen om padreëls te gehoorsaam nadat meer as dertig mense die langnaweek in vyf ongelukke dood is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.