Facebook-woede: ‘Ons regering is ‘n klomp Kaffirs’

Deel op

Sanco (South African National Civic Organisation), het aangesluit by die koor van klaers oor ‘n rassistiese Facebook-inskrywing wat na bewering deur gebruiker Matthew Theunissen geplaas is.

Theunissen is briesend oor die besluit van Fikile Mbalula, minister van Sport, dat die voorregte van sportfederasies opgeskort sal word om vir internasionale toernooie te bie as gevolg van ‘n gebrek aan verswarting.

In ‘n Facebook-boodskap het Theunissen skryf: “So nie meer sportbyeenkomste vir Suid-Afrika nie… Ek was nog nooit meer trots om te sê dat ons regering ‘n klomp Kaffers is nie… Ja ek het dit gesê, so gaan fok julleself julle klomp fokken swart dose”.

Sanco het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gedoen om dié haatspraak te ondersoek ná die opmerking.

“Sulke aanstootlike rasseuitbarstings sal nie net versoening, nasiebou en maatskaplike samehorigheid ondermyn nie, maar is gruwelik, uitdagend en polariseer rasseverhoudings,” het Sanco se woordvoerder Jabu Mahlangu gesê.

Mahlangu het dit beskryf as skokkend dat daar jong professionele mense is wat rassevooroordeel en “haat” omhels.

“Hy behoort op ‘n swartlys geplaas te word deur alle individue en organisasies wat nie-rassigheid aanhang en die register behoort toeganklik te wees vir ambassades vir keuring tydens visumaansoeke,” het hy gesê.

Theunissen het glo intussen sy Facebook-profiel gesluit. Sy kommentaar het woede ontlok op Twitter.

Volgens sy CV, kom die 26-jarige van Kaapstad, en het hy ‘n meestersgraad in omgewingsbestuur van die Universiteit Stellenbosch en werk tans in waterhulpbronbestuur.

Pogings om Theunissen te kontak was onsuksesvol.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.