Petrol raak al hoe duurder

Deel op

Motoriste sal 12c meer moet opdok vir ‘n liter vir alle grade petrol, het die departement van energie in ‘n verklaring gesê.

Van Woensdag sal die koste van ‘n liter 93 loodvrye petrol in die binneland R12.44/l en R12.06/l aan die kus wees. Vir 95 loodvry, sal motoriste onderskeidelik R12.74/l en R12.26/l betaal.

Die prys van diesel sal egter daal met 1c/liter vir 0,05% swael en 2c/l vir 0,005% swael.

Die hoofredes vir die brandstofprysaanpassings is die gemiddelde styging in die pryse van petroleumprodukte op internasionale markte (sowat 40c/l vir petrol en 20c/l vir diesel onderskeidelik), en die versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar gedurende die oorsigtydperk.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) word ‘n styging in die prys van brandstof in Suid-Afrika in die kort tot medium termyn voorsien, met die moontlikheid van groter stygings as die rand onder druk kom.

Verlede maand se verhoging sluit ‘n 30c/l toename in die algemene brandstofheffing in, asook aanpassings in vervoerkoste gegrond op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se goedgekeurde pyplyntariefverhoging asook die padvervoertariefverhoging deur die Padvragvereniging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.