Al-Sjabaab dood vyf Somaliese weermagsoldate

Deel op

Al Sjabaab insurgente het die week ‘n militêre basis van die Somaliese weermag aangeval en vyf soldate om die lewe gebring in twee ure se hewige gevegte naby die noordwestelike dorp, Baidoa, het ’n militêre woordvoerder gesê.

Die voorval het in die vroeë oggend­ure plaasgevind. Twaalf soldate is in die aanval gewond. Ses Al Sjabaab-vegters is in die aanval dood.

Abdiasis Abu Musab, Al Sjabaab se woordvoerder vir militêre operasies, het gesê die groep het ’n vragmotor met troepe onderweg na die basis in ’n lokval gelei en elf soldate doodgeskiet en beslag op sewe vuurwapens gelê.

Dit was nie moontlik om die dodetal onafhanklik te bevestig nie. In die verlede het Al Sjabaab die dodetal in hul aanvalle ver oordryf.

Die Islamitiese groep, wat hoop om Somalië se Westers-gesteunde ­regering om ver te werp, voer gereeld aanvalle op militêre teikens asook burgerlike instansies soos hotelle en restaurante, meestal in die hoofstad, Mogadisjoe uit.

Al Sjabaab, het bande met al-Kaïda en was in Januarie verantwoordelik vir ’n aanval op ’n basis vir Keniaanse soldate van die Afrika-unie se vrede­sending in Somalië.

Die militante voer aan dat hulle 100 Keniaanse soldate doodgeskiet het. Keniaanse owerhede het nog nie die amp­telike dodetal bekend gemaak nie.

Intussen het Daesh (ISIS) ‘n video uitgesaai van ‘n oefenkamp in Puntland, vernoem na Sheikh Abu Nouman, die naam van ‘n voormalige offisier van die Sjabaab wat vermoor is deur hulle nadat hy oorgeloop het na Daesh.

Sonder aanspraak op volwaardige staatskap, het Puntland – ‘n provinsie van Somalië – afgestig met ‘n onafhanklike regering.

Dit was voorheen ‘n seerowernes wat Chinese en Russiese skepe in die Straat van Bab el-Mandeb aangeval het, tot hulle die idee laat vaar het want China en Rusland het hul vragskepe van militêre begeleiding voorsien.

Die seerowers het nou uitgewyk na die Islamitiese Emiraat van Mukalla, in Jemen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.