Koue en nat weer voorspel

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat oorstromings die volgende paar dae in dele van die Kaapse metropool, die Wynlanddistrik en die Overbergstreek kan voorkom.

‘n Kouefront sal dele van die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vandag bereik en eers teen Saterdag begin wyk.

Dit sal gepaardgaan met swaar reën en rowwe seetoestande asook stormsterk winde wat aan die kus tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag word.

Dié toestande sal uitbrei na die ooskus. Die kouefront sal teen die naweek dele van die Oos-Kaap bereik.

Koue en nat toestande word die naweek oor die binneland ook verwag, maar sonder sterk winde.

Reën en sneeu sal oor dele van KwaZulu-Natal, die Oos- en Wes-Kaap, die Vrystaat en Lesotho uitsak.

Reën word Saterdag en Sondag veral vir die oostelike dele van Mpumalanga, Limpopo en Gauteng voorspel met temperature oor die hele binneland wat sal daal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.