Grootste Joodse gemeenskap in Europa verwelkom Moslems

Deel op

‘n Sinagoge in Marseille, Frankryk gaan omskep word in ‘n moskee, wat die demografiese verskuiwings in die Suid-Franse stad weerspieël, het ‘n Joodse leier aan AFP gesê.

‘n Moslem kulturele vereniging, Al Badr, gaan die Or Thora-sinagoge, wat al hoe minder gebruik word deur die Joodse gemeenskap koop, het die stad se Joodse leier Zvi Ammar Dinsdag gesê.

“Vir die afgelope 20 jaar of so het ons die verskuiwing van die Joodse gemeenskap na ander woonbuurte gesien,” het Ammar gesê en bygevoeg by dat hy die stap as “positief” beskou.

“Ons het almal dieselfde god, die belangrikste ding is om dit in harmonie te laat gaan,” het hy gesê. Hy sê Jode verwelkom die uitbreiding van Islam in Frankryk, maar kennelik Christene bedoel as die moeilikheidmakers.

Die terrein naby die belangrikste stasie in die stad is aan Jode gegee wat gevlug het na Marseille uit Algerië.

Algerië het ná ‘n agt jaar lange oorlog onafhanklikheid van Frankryk in 1962 verkry.

Al Badr bedryf tans ‘n moskee in die omgewing wat te klein is vir sy gemeente.

Die Joodse gemeenskap in Marseille floreer, het Ammar gesê, met die aantal sinagoges wat reeds byna verdubbel het van 32 tot 58 in die afgelope drie dekades.

Die stad se 70.000 Jode is een van Frankryk en Europa se grootste Joodse gemeenskappe.

Marseille se bevolking van byna twee miljoen sluit ook sowat 220,000 Moslems in.

Marseille se Moslems wag nog steeds vir die konstruksie van hul Groot Moskee, wat die stad se burgemeester in 2001 belowe het, maar die projek het vasgeval in finansiële ellende asook wetlike uitdagings wat deur die “verregse” Front National gestel is.

Teen ‘n beraamde koste van €23 miljoen sal die moskee Frankryk se grootste wees as dit ooit gebou word.

Vroeër hierdie week het die burgemeester van Nice, digby Marseille, die groen lig gegee om die Franse staat te dagvaar in ‘n poging om die opening van ‘n Saoedi-befondsde moskee in die stad te sluit.

Burgemeester Christian Estrosi sê die eienaar van die gebou, Saoedi-Arabië se minister van Islamitiese sake Sheikh Saleh bin Abdul Aziz, bepleit sjariawette en wil “al die kerke op die Arabiese skiereiland tot niet maak”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.