Trump looi globaliste oor oorlog en chaos

Deel op

Die voorloper in die stryd om die benoeming as Republikeinse presidentkandidaat in die VSA, Donald Trump het ‘n striemende aanval op globalisme gedoen.

As die tema bekend was, was Trump se ernstige toon nie. Hy het staatgemaak op ‘n teleleser in plaas van om uit die vuis te praat soos gewoonlik.

“Ons sal nie meer hierdie land of sy mense oorgee aan die valse lied van globalisme nie. . . Ek is skepties oor internasionale verbonde wat ons inbind en aftrek in Amerika. En onder my administrasie, sal Amerika nooit enige ooreenkoms aangaan wat ons vermoë om ons eie sake te beheer, verminder nie,” het hy gesê, met verwysing na die NAFTA-ooreenkoms .

Trump het elke leier na Ronald Reagan blameer – wat dié Republikeinse George W. Bush insluit – omdat hulle almal “die pad heeltemal byster geraak het”.

In die komende konfrontasie met Clinton – wat meer aggressief as Obama is – het Trump probeer om homself uit te beeld as ‘n gedissiplineerde leier wat Amerikaanse belange voorop stel.

Hy het die Clinton-Obama-span gelooi oor die chaos wat hul inmenging in die buiteland veroorsaak het, met verwysing na die omverwerping van president Hosni Mubarak in Egipte, die ingryping in Libië en militêre optrede in Sirië.

Hy Clinton skerp gekritiseer vir haar hantering van die dodelike aanvalle op die VSA in Benghazi.

Trump het ook die president se hantering van buitelandse sake as roekeloos en ‘n totale ramp beskryf.

Hy sê Amerika se bondgenote betaal nie ‘n regverdige deel van die sekuriteitsrekening nie, en dat enige land wat deur Amerika verdedig word, sal moet begin opdok.

Hy het Obama ook gekritiseer omdat hy, soos Trump dit stel, Amerika se goeie vriend, Israel afjak en Iran te goedgesind is.

Iran se Opperleier, die Ayatollah Ali Khamenei sê egter Obama probeer sakelui afskrik om in Tehran te belê en ‘n ondermyn ‘n ooreenkoms om internasionale sanksies op te hef.

Khamenei se kommentaar kom kort voor die tweede ronde van Iran se parlementêre verkiesings.

Trump het ook weer sy kommer oor die verspreiding van radikale Islam uitgespreek, en gesê dat die land ‘n langtermynplan in die opsig benodig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.