Plant moet N-woord verdoesel toe Obama kom kuier

Deel op

Dit was by sy pa en onderwyser, landskapkunstenaar Jakob Gerritsz Cuyp, wat Aelbert Cuyp (1620-1691) sy skildertalent asook sy liefde vir die diere wat dikwels in sy landskappe pryk, geërf het.

Maar selfs die meester se talent kon klaarblyklik nie ontkom aan die alomteenwoordige Angelsaksiese rasbeheptheid nie.

Een van Cuyp se werke in die besit van die Duitse adel wat die Britse kroon dra, “The Negro Page”, het die muur in die sitvertrek versier waar die Windsors dié naweek die Obamas in volkleurfoto’s ontvang het om ‘n Brexit te probeer verhoed.

Met president Obama en sy vrou Michelle se besoek aan Kensingtonpaleis, is daar nie oor kunswaardering of skildertegniek bespiegel nie, maar wel oor die plant vóór die pragtige werk.

Dit blyk dat die Windsors plaatjies aan hulle skilderye moet aanbring omdat hulle nie so goed kan onthou waarna hulle nou eintlik kyk in hul eie sitkamer nie en ongelukkig is die titel van die werk duidelik aangedui.

Gewoonlik bring regte versamelaars en kunsliefhebbers nie plaatjies aan hul eiendom aan nie. Dit is iets vir die parvenu.

Dus moes die eerste neger in die Withuis nie alleen na die swart slaaf kyk wat ‘n perd lei nie, maar ook na die plaatjie waarop aangedui word dat die swarte ‘n “neger” is.

Dit was klaarblyklik net te veel kwetsende dinge vir een besoek, en die Windsors, William en Kate, het besluit om ‘n plant strategies voor daardie lelike woord te plaas.

Die gawe Windsors wou kennelik seker maak hulle bondgenoot oorkant die water moet bly glo hy is “nie-rassig”.

Terwyl Cuyp nooit na Italië gereis het nie, het sy skilderye ‘n tipiese sonnige, Mediterreense atmosfeer. Die kuiertjie om trans-Atlantiese verhoudinge weer ‘n bietjie gom te gee, was egter maar ongemaklik, aangeplak en styf ten spyte van die plant.

Die swart gaste het die behangde muur deur die aand vermy en die matte bewonder.

As een van Dordrecht se grootste kunstenaars nou maar kon raai vir watter verleentheid hy eendag sou sorg om die werklikheid so netjies vas te vang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.