Dan Roodt: Rekenaars vir alle Afrikaners?

Volgens beskikbare statistiek, beskik ongeveer die helfte van Afrikaners nie oor rekenaars nie. Mense het oor die algemeen selfone wat hulle toegang tot die internet gee, maar nie noodwendig ‘n rekenaar nie. Baie gebruik ook rekenaars by die werk.

‘n Idee sou wees om by groot maatskappye hul ou rekenaars in die hande te kry waarvan hulle ontslae raak en hulle bietjie op te gradeer of reg te kry vir arme of werklose Afrikaners sonder rekenaars. Enige rekenaar ná 2005 of so is eintlik goed genoeg, want mens kan ‘n ligte weergawe van Linux daarop laai en dan behoort dit heeltemal goed te wees om aanlyn mee te werk. Ons kan hulle dan gratis versprei of per koerier landwyd laat aflewer teen ‘n minimale koste van ongeveer R100 per rekenaar.

Enigiemand met ‘n rekenaar behoort tussen R5000 en R10 000 per maand van die huis af te kan verdien, want daar is ‘n hele globale wêreld waar ‘n mens jou dienste kan verkoop.

Ons kan ook nuwe aanlynbesighede begin om vir sulke mense werk te skep. Van die besighede kan ook in die buiteland geregistreer wees, dus geen BEE of ander nonsens nie.

Dit kan nog ‘n baie opwindende PRAAG-projek word!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.