Rhodes Universiteit, media daag verkragters voor boendoehof

Deel op

Een van die mans wie se naam op Facebook geplaas is weens vermeende seksuele misdade by die Rhodes-universiteit in Grahamstad, het nou ‘n klag by die polisie gelê.

NUUT!

Dit wil voorkom asof Facebook intussen die blad gesluit het waarop die boendoehof gehou word.

‘n Inskrywing op die gay Facebook-bladsy getiteld “RU Queer Confessions, Questions and Crushes” het die name van 11 mans gelys waarvan drie wit is, wat glo verkragters is.

In weerwil van ‘n growwe skending van die mans se regte, het Rhodes Universiteit, die studenteraad en media soos Timeslive, die plasing van die lys sonder meer verwelkom.

Die “joernalis” en redakteur van die studentekoerant Mitchell Parker het sy eie aandeel in die boendoehof ook goedgepraat. Hy het na die boendoeregters as “leiers” verwys.

Maar volgens aanduidings is nog geen van die mans wat op die lys verskyn ooit aangekla en skuldig bevind van verkragting nie. Hulle is bloot deur ‘n groepie lesbiërs aangekla.

Kennelik het niemand by die instelling of hul simpatiseerders in die media die vaagste idee van die Grondwet of regte nie.

Dit is nie bekend of dit een van die drie wittes is wat die klag gelê het nie.

Die polisie wou ook nie die presiese aard van die klag bekend maak nie. Die vise-kanselier van die universiteit, Sizwe Mabizela sê die universiteit werk nou saam met die polisie in die saak.

Die publikasie van die beweerde oortreders se name het gelei tot openbare geweld deur studente wat beweer dat die bestuur nie optree teen, wat hulle noem, die “toenemende vekragtingskultuur” op die kampus nie.

Die kampus moes sluit weens die geweld.

Mabizela sê ‘n tussentydse taakspan om die beleid oor seksuele wangedrag te hanteer, het reeds met sy werk begin.

Intussen is akademiese bedrywighede by die universiteit hervat nadat klasse weens die oproer opgeskort is.

Die oproermakers sê hulle sal die stryd voortsit totdat die verkragtingskultuur uitgeroei is. Hulle het nie kommentaar gelewer op die skending van die mans se regte nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.