Man bly soos soutpilaar staan tydens aanval

Deel op

‘n Man is wreed aangeval voor sy gesin nadat drie gewapende swart verdagtes hul eiendom in Chancliff, Krugersdorp oor die naweek binnegedring het.

Roy Jacobie en sy gesin, wat onlangs verhuis het, is in hul huis op 23 April oorval.

Die gesin het in die sitkamer gesit toe die aanvallers om ongeveer 06:30 by die voordeur ingestap het. Dit is nie duidelik hoe hulle toegang tot die huis verkry het nie.

Een was gewapen met ‘n snoeiskêr, en die ander twee met gewere. Die verdagte, gewapen met die snoeiskêr het Jacobie onmiddellik begin aanval en hom voortdurend geslaan.

“Dit is onnodig. Neem wat jy wil hê en loop,” het Jacobie kalm gesê. Die swart verdagtes het nie ‘n woord gesê nie.

Die bejaarde Jacobie het soos ‘n soutpilaar roerloos bly staan. Die verdagtes het skielik opgehou, omgedraai en die huis verlaat voordat hulle gevlug het te voet.

Roy se vrou het daarna die paniekknoppie gedruk en lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum was nie lank daarna nie op die toneel.

Sedert die voorval oor die naweek, het die gesin dit sterk oorweeg om weer te trek.

“Ek kan nie slaap in die nag nie. Ek het nog nooit ooit gedink dat so iets sou gebeur nie, maar daar is altyd ‘n eerste keer.”

Roy het heelwat beserings opgedoen. Hy moes meer as 10 steke kry, behalwe vir ‘n gebreekte elmboog.

Die drie verdagtes is swart en was geklee in blou oorpakke. Hulle was vermoedelik deel van die verhuisingsmaatskappy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.