Inwoners vertel van donker wolk wat oor Pretoria hang

Deel op

Die raaiselagtige donker wolk wat byna twee keer ’n week oor Pretoria-Noord hang, is glo te wyte aan ‘n onwettige aktiwiteit.

‘n See van voertuigbande bedek met wit as, besaai die veld tussen die N4-snelweg en Willem Cruywagenpad met ‘n toksiese reuk wat alomteenwoordig is.

Die Rekord berig dat die rookwolk laat-aande tot soms in die vroeë oggendure oor Pretoria-Noord hang.

Inwoners het verduidelik dat die swart wolk ontstaan as gevolg van brandende bande.

“Die plakkers in die gebied brand voertuigbande om die staal wat binne in die bande is, uit te haal an aan herwinningsplekke te verkoop,” het inwoner Danie Erasmus vertel.

Die digte bosse en lang gras hou die veld versteek, maar ’n paar meter verder kom mens uiteidelik af op die bedrywighede.

Dit is al maande dat die donker rookwolk oor die noorde gewaar word, wat grootskaalse lugbesoedeling asook ‘n groot brandgevaar inhou.

Die brandweer is voorheen na die toneel ontbied toe ’n brand deur die veld en lang gras versprei het.

Gemeenskapspolisieëringforums (GPF) in die gebied sê hulle sukkel ook vir maande met metropolisie om die onwettige bedrywighede stop te sit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.