Cruz en Kasich teen ‘n oormag

Ted Cruz en John Kasich, twee potensiële Republikeinse presidentskandidate, lyk asof hulle die aftog sal moet blaas teen die voorloper Donald Trump.

Cruz, wat probeer het om afgevaardigdes outomaties te wen deur kiesers te verhoed om te gaan stem in sekere state, se plan het geboemerang.

Die twee wend nou ‘n laaste poging aan om die multimiljoenêr, Trump se optog te stuit om die party se kandidaat in die komende Amerikaanse presidentsverkiesing te word.

Cruz en Kasich het kort na mekaar verklarings uitgereik waarin hulle sê dat Cruz op Indiana sal fokus en Kasich op Oregon en Nieu-Meksiko.

Hulle hoop om só te keer dat Trump die steun van die Republikeinse 1237 afgevaardigdes kry.

Hy is reeds baie naby aan dié syfer en staan dus ‘n goeie kans om as presidensiële kandidaat aangewys te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.