Obama nog ongewilder in Duitsland as VK

Deel op

Na ‘n uiters ongewilde besoek aan Brittanje het die Amerikaanse president, Barack Obama die Duitse Kanselier, Angela Merkel ontmoet om ‘n sinkende handelsooreenkoms te probeer red.

Dit lyk gelukkig asof Obama daarvoor sal sorg dat ‘n beoogde Transatlantiese Handels- en Beleggingsvennootskap (TTIP) daardeur gedoem is.

Die Duitse Minister van die Ekonomie, Sigmar Gabriel het gewaarsku dat die vryehandelsooreenkoms sal platval indien Amerika nie instem om Europese firmas toe te laat om vir staatskontrakte te bie nie.

Die VSA beplan egter nie om Europese bedrywe toe te laat nie, terwyl hulle self die reg opeis om dit in die EU te doen.

Inwoners van Hanover in Duitsland het die afgelope naweek teen die ooreenkoms betoog.

Minder as twintig persent van Duitsers is ten gunste van die ooreenkoms.

Obama probeer voorgee dat die ooreenkoms werksgeleenthede sal beskerm en ekonomiese groei sal stimuleer, iets wat hoogs onwaarskynlik is.

Die Britte is woedend nadat Obama ingemeng het oor die VK se vertrek uit die EU.

Obama is sterk gekant teen Brexit soos dit in die Britse media genoem ­word. Dit sal op 23 Junie tydens ‘n referendum besluit word.

Hy het die Britte gedreig in ‘n meningsartikel in die Daily Telegraph dat die VSA hul handels- en intelligensie-ooreenkomste met die VK sal heroorweeg as hulle dit waag op uit te stap.

Obama het met sy besoek Koningin Elisabeth II opgehemel en saam met prins William en sy vrou, Catherine, en prins Harry geëet. Die Windsors is ewe bekommerd oor Brexit.

Obama se meningstuk het sterk reaksie gekry van onder andere Boris Johnson, burgemeester van Londen, wat ten gunste van Brexit is.

Johnson het in ‘n artikel in The Sun gesantwoord dat Obama nog moet verduidelik hoekom hy die borsbeeld van Winston Churchill uit die Ovaalkantoor in die Withuis laat verwyder het.

Die uitgesproke Johnson het gesê Obama se bande met die MauMau het hom waarskynlik daartoe oorreed. Hy het beklemtoon dat die noue bande met Amerika nie sal verdwyn nie.

Die paniek oor ‘n moontlike Brexit is tasbaar by die Britse establishment en hulle het Johnson aangeval en van uiterste rassisme beskuldig omdat hy na Obama se Keniaanse verlede verwys het.

Meer as 100 Britse euroskeptiese wetgewers het ook ‘n ope brief aan Obama gerig om hom te versoek om nie betrokke te raak by die debat nie en duisende het ‘n petisie onderteken teen sy inmenging.

David Cameron, premier, wat in die EU wil bly en tans veg om sy politieke oorlewing, is ook deur Nigel Farage, leier van die United Kingdom Independence Party (Ukip) gekasty.

Farage wat teen die EU gekant is, het gesê Obama se inmenging is ongevraag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.