Wildpark ontken nalatigheid na tieraanval

Deel op

Oor-en-weer beskuldigings word rondgeslinger ná die voorval Vrydag waartydens ‘n Franse seun deur ‘n tier aangeval is op ‘n wildplaas in Heilbron in die Vrystaat.

Die 10-jarige seun se pa hou vol dat die Tau Thaba-lodge nalatig was, terwyl die eienaar, JC Pretorius aanvoer dat die seun herhaardelik gewaarsku is dat hy te naby aan die heining gestaan terwyl hulle foto’s geneem het van die diere wat agter ‘n heining toegesluit was.

Pretorius het aan OFM-nuus gesê hy het die plaas al 24 jaar en dat dit die eerste keer is in 16-jaar, sedert hy die tiere aanhou, dat so iets gebeur.

Die seun is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat hy deur ‘n plaaslike dokter na ‘n plastiese chirurg verwys is.

Pretorius sê sy permit is in Januarie vanjaar hernu nadat al sy kampe en veiligheidsmaatreëls deur Natuurbewaring goedgekeur is.

Hy sê die seun het erge snye aan sy arm en boude opgedoen. Die name van die seun en sy pa is nie bekend gemaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.