Skaapboer ly ontsettende verliese

Deel op

Die aanslag teen wit boere duur onverpoos voort.

‘n Skaapboer in die Steynsrus-omgewing in die Vrystaat het derduisende rande se skade gely toe veediewe in die jongste voorval in die gebied, 18 van sy skape gesteel en afgeslag het.

Stefan van Huysteen sê hy word nou al die afgelope twee jaar deur veediewe, wat vermoedelik op bestelling steel en slag, getreiter. Hy sê sy skade beloop al sowat R400 000.

Hierdie jaar is daar reeds 47 skape gesteel en verlede jaar 225, het hy aan OFM gesê.

Hy het Donderdagoggend op die skaapkarkasse afgekom wat geslag is terwyl hulle swaar dragtig was. Die lammers en wol wat hy verloor het, is nog ‘n koste benewens die skape self.

Van Huysteen sê die diewe gaan elke keer op dieselfde manier te werk en owerhede doen niks.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.