Leon Lemmer: Dominique Venner, ‘n regse Franse historikus

In Europa is daar skuldgevoelens omdat die twee wêreldoorloë daar ontstaan het. Daar is ‘n diepe besef van die ontwrigting en verwoesting wat tydens oorlogvoering aangerig word. Daar is gevolglik groot begrip vir vlugtelinge en ontheemdes uit gedestabiliseerde gebiede. Dit is waarom daar so sagkens teen die invloei van immigrante opgetree word. Hoe groter die skuldgevoel, hoe meer die empatie. Dit is waarom die Duitse regering die grootste toevloei van immigrante verduur. Dit is ook waarom regse politiek na die Tweede Wêreldoorlog stadiger in Duitsland as in Frankryk ontwikkel het.

In Frankryk het die Nouvelle Droite (Nuwe Regses) onder die leiding van Alain de Benoist (gebore in 1943) en GRECE, ‘n navorsings- en studiegroep oor Europese beskawing (gestig in 1968), tot stand gekom. Een van die medewerkers was Dominique Venner (1935-2013). Hy was ‘n nasionalistiese, anti-kommunistiese aktivis. Hy noem kommunisme die vyand van Europa (bron hier onder, Kindle 304). Hy is uit die skool geskors omdat hy ‘n kommunistiese plakkaat verwyder het (310). Hy vergelyk die rolle wat nasionaliste en kommuniste in die Franse weerstand teen die Duitse besetting in die Tweede Wêreldoorlog gespeel het:

“Venner stresses the degree to which traditional French nationalists played heroic roles in this struggle, in contrast to the French Communists, who went from collaborating with the invaders to killing their enemies after the German evacuation” (88).

In die jare vyftig, kort na die begin van die Algerynse Oorlog, het Venner twee jaar lank teen die Moslems geveg. Toe die Hongaarse opstand in 1956 deur Sowjetmagte onderdruk is, was Venner een van diegene wat die kantore van die Franse Kommunistiese Party in Parys aangeval het. In 1961 het hy deelgeneem aan ‘n mislukte staatsgreep teen die regering van Charles de Gaulle, wat die belange van die blanke Algeryne versaak het. Van De Gaulle sê Venner: “He severely lacked any noble-mindedness himself” (356). Venner het 18 maande tronkstraf uitgedien. Van 1971 af het hy sy aandag eerder op geskiedkundige navorsing en publikasie toegespits. Hy is onmiskenbaar ‘n Franse geskiedkundige, soos wat Hermann Giliomee, volgens eie erkenning, ‘n Afrikaner- (maar nie-regse) historikus is.

Venner was ongetwyfeld ‘n man van entoesiastiese aksie, al het die verlangde resultate dikwels agterweë gebly. “I do, however, believe in the positive effects of radical thought” (368). Kenmerkend van sy lewe was verset teen Franse identiteitsvernietiging en intense besorgdheid oor die toekoms van Europese beskawing. Hy het dit teen die toename van immigrante in Frankryk gehad; immigrante afkomstig uit die Derde Wêreld in die algemeen en Moslems uit Noord-Afrika (veral Algerië) in die besonder. Hy het gefabriseerde multikulturaliteit as ‘n onding van veral Amerikaanse oorsprong beskou. In Algerynse stede, soos Algiers en Oran, word die werkloses en leeglêers wat in die openbaar rondstaan “muurleuners” genoem. Baie van daardie muurleuners kan deesdae in Franse stede gesien word. Dit is nie ‘n resep vir voorspoed en vooruitgang nie.

Venner was die trotse pa van vyf kinders. Kort nadat wetgewing in Frankryk goedgekeur is wat selfdegeslaghuwelike* toelaat, het hy as ‘n teken van openbare protes selfmoord in die katedraal Notre Dame gepleeg deur homself in die kop te skiet. Van hom kan gesê word: “He refused to live in a degenerate society” (1083). Ook: “He was in discord with the era he lived in” (1180). “It often takes great courage to stay alive, but it also take great courage to detach ourselves from the temptation to prolong our life despite both its degradation and the machinations of fate” (1214). Al drie hierdie aanhalings kan op my en my verhouding met die nuwe Suid-Afrika toegepas word. [* Naas die twee tradisionele geslagte word ‘n derde of oorgangsgeslag of tussentoestand met minstens sewe variasies, LGBTIQA (lesbies, gay, biseksueel, transgender, interseksueel, queer en aseksueel), deesdae erken. Kinders word egter steeds en feitlik uitsluitlik op die tradisionele, natuurlike manier verwek.]

Myns insiens is daar ‘n beletsel op selfdood. Venner se selfdood is moontlik geïnspireer deur die voorbeeld wat deur die Japanese outeur Yukio Mishima (1925-1970) gestel is (1083). “Death is preferable to a life not worth living” (1108). Maar ‘n mens moet besef dat “the right to suicide” (1173) die betrokke subjek van alle moontlikhede (denke, handelinge, belewing) in die sintuiglike werklikheid ontneem. Selfdood is ‘n nie-herhaalbare, dus eenmalige, protesaksie en dus in daardie sin onbevredigend. Ek verkies om eerder nog voort te veg teen bv onreg, immoraliteit en ondoeltreffendheid.

Sommige van Venner se boeke is in ander tale vertaal, maar nie in Engels nie. In 2011 is hy gevra om ‘n oorsig van sy werk te skryf vir publikasie in Engels. Dit het hy ongelukkig nie gedoen nie. Daar is, wat hom betref, op ‘n makliker opsie besluit. Die joernalis Pauline Lecomte het sogenaamde onderhoude met hom gevoer. Die resultaat is ‘n teks wat veronderstel is om ‘n inleiding tot sy denke te wees: The shock of history: religion, memory, identity (London: Arktos, 2015, 160p; Amazon Kindle $5,13). Die boek is in 2011 in Frans gepubliseer en deur Charlie Wilson in goeie Engels vertaal.

In die boektitel word na religie verwys, maar Venner het voorkeur aan die heidense idees van die antieke Grieke gegee: “Paganism in no way previewed our present multicultural, feminist culture” (76). Hy dateer die Europese beskawing terug tot by veral Homerus (8ste eeu vC). Wanneer hy na religie verwys, het hy egter dikwels bloot hedendaagse manies in gedagte, bv: “The opiate of the masses for whom football games serve as the high mass. This religion’s tablets of law are human rights, or the right to zombification, which becomes man’s moral obligation. The dogmas are those of humanitarianism, whose secular arm is NATO, national, and international courts. Its witchhunters seek out and destroy difference, individuality, love of life, nature, the past, critical thinking, and those who refuse to be martyred before the almighty deity of humanitarianism” (1540).

Uit die teks is dit duidelik dat daar nie konvensionele onderhoude met Venner gevoer is waarin hy spontaan mondeling gereageer het nie. Dit was blykbaar veel eerder soos die onderhoude wat via die internet gevoer word. Venner noem dit “a dynamic method of presenting my works and thoughts” (224). Vir my bly die resultaat onbevredigend omdat die onderwerpe nie grondig en sistematies aangespreek word nie. Die publikasie is nogtans glad nie sonder verdienste nie.

Daar word baie gekerm en geskryf oor kolonialisme asof die gevolge daarvan net sleg was en is. Een van die redes vir hierdie oorvloedige afkeer is omdat net blanke lande op hierdie manier gediskrediteer word. Oor die weerslag van kolonialisme, naamlik die grootskaalse invloei van wettige en onwettige immigrante uit die Derde Wêreld na voormalige koloniale lande, is tot onlangs meesal geswyg. In hierdie neo-kolonialisme neem die verskuiwing van mense groter afmetings aan (of kan groter afmetings aanneem) as tydens die kolonialisme van destyds. Histories het kolonialisme die kolonies ten minste in sekere opsigte, bv met die skepping van infrastruktuur, bevoordeel. Neo-kolonialisme, daarenteen, lei tot die oorvoorsiening van armlastiges wat parasiteer op welsynstelsels en die kwaliteit van die gasheerlande se lewenswyse ondermyn. Dit is ook ‘n feit dat dit nie net mense uit vorige kolonies is wat hulle in die betrokke koloniale land (probeer) vestig nie; dese en gene (vlugtelinge asook ekonomies-kansvattende immigrante) maak in groot getalle hulle selfgoedgekeurde opwagting. Venner praat van “the colonisation of Europe by extra-European migrants” (522). Wat feitlik deurgaans verswyg word, is dat dit ‘n misdaad is om sonder ‘n geldige paspoort (en dikwels ook ‘n visum) ‘n landsgrens oor te steek.

Die “shock of history” in die boektitel het betrekking op hierdie massa-immigrasie. “Europeans are now in the process of being colonised in the name of the very same principle against which they do not know how to defend themselves: if all men are brothers, nothing can stop the arrival of others on our doorstep … Europe has been thrown, naked and defenceless, into a world aching to vengefully humiliate her” (187). “The key word here is identitarian. In this way, Islam is not simply a religion. It is in fact much more than that: it is ‘a community, a law, a civilisation'” (200). Moslemkultuur word oorheersend deur Islamreligie bepaal, wat op sy beurt geen ander religie duld nie en dus ook geen ander kultuur (bv Westers/Europees) nie.

“In order to zombify the once rebellious European people, mass immigration has proved most useful. This has allowed the importation of cheap foreign labour, all the while destroying national identities. The installation of non-native living areas further accelerates the proletarisation* of European workers. Deprived of the protective powers of a coherent nation, they become ‘naked proletariats’, zombies in power, as they are blamed for imaginary crimes attributed to their ancestors, such as colonisation. An unexpected difficulty, however, has come from the immigrants themselves. Strangers to European social conduct, they have built Islamised communities in the ghettos. Entire regions of sovereign territories are now breaking free from the laws of the republic in favour of self-government, policed by the ‘older brothers’ of their communities” (1527). [* Proletariaat: “Klas sonder besittings; onderste laag van die samelewing” (HAT).]

Sekularisasie/verwêreldliking het veroorsaak dat die christelike godsdiens nie meer ‘n samebindende mag in Europa is nie; in elk geval nie in dieselfde mate as voorheen nie, al bly Europese moraliteit breedweg op christelike waardes geskoei. Europa moet saamstaan teen die kulturele bedreiging van veral Islam en is gevolglik op soek na nuwe bande: “Ties capable of uniting Europeans with each other and arming them morally so that they may confront the impending threat of complete disappearance into the great void of the universal melting pot and of ‘brazilisation'” (218). “Brazilisation” verwys na die grootskaalse etniese verbastering wat daar reeds eeue lank in Brasilië plaasvind.

“We must rise above political and denominational variables and rediscover the permanence of tradition, which has permeated our founding poems for millennia” (224). Daardie “founding poems” van Europese beskawing is veral Homerus se Ilias en Odyssee: “My holy texts are the Illiad and the Odyssey, the founding poems of the European soul” (380). “We are tasked with recovering the spiritual continuity of our primordial tradition” (387). “The ancient Greek city-states … were founded upon the ethnic homogeneity of their citizens. Remember too that their fate, like that of all states, was dependent upon the quality of the leading class” (1958). “Like plants, men cannot exist without roots” (1744). “My stated intention was to lay the groundwork for a reformation through the discovery of our origins” (1789). “With Homer, the future takes root in the memory of the past” (2536).

As ‘n polities regse verwys Venner na die “Hyperborea” van die antieke Grieke (245), wat eintlik maar ‘n sinoniem vir die blankes of Ariërs is. Hy verwys na “the kinship between the peoples of the Indo-European language group, who I refer to as ‘Boreans’, in reference to the legendary Hyperboreans whom the ancient Greeks saw as their ancestors” (2176). Maar etnisiteit is nie al wat in die spel is nie. “Birth alone is insufficient; it is our consciousness that makes us who we are. I exist solely through my roots, a tradition, a history, and a territory” (263). Iedere mens word kultuurloos gebore en word dan mettertyd deur ervaring (van bv die omgewing en opvoeding) ‘n kulturele wese. Met ander woorde iedere mens is geskool in ‘n bepaalde lewenswyse. “The distinctive feature of all humans, regardless of race, is the aspect of their culture that transcends their animalistic nature. In other words, people are the sum of their heredity, culture, and archetypes” (1307). Daar kan diepgewortelde kulturele verskille tussen etniese groepe wees. “I do not believe in the homogenisation of cultures, even in Europe, despite what certain corrupt elites would like us to believe” (588). Wat Venner betref moet Franse kultuur onmiskenbaar Frans bly. Hy identifiseer die ondergrawers/”moles” van daardie kultuur as “showbusiness, teaching, academia, medicine, law, and the prison system” (1552). ‘n Vorige Franse president, Nicolas Sarkozy, het gesê: “I believe that none should live in France without respecting our culture and values” (1754).

Tipies Frans (en soos De Gaulle) het Venner sy mes in vir die Amerikaners, bv (dalk vergesog): “As confirmed by secret documents posted to Wikileaks in 2010, American elites have favoured extra-European and Muslim invasions of Europe by immigrants in order to break and undermine the European people” (599). “A great historical paradox has willed that the United States be both the extention of Europe and also its negation” (1577). “The American pretention to refuse their country’s European legacy is excessive. That said, the split is undeniable” (1583). Die Amerikaners sien hulleself as “the perfect society that must impose itself upon the world” (1608). Anders as die res van Amerika, die “old South retained much of its European character” (1344). Dit is juis die suidelike state van Amerika wat dikwels polities met die blanke bewind in Suid-Afrika vergelyk word. ‘n Ander raak opmerking van Venner is: “High-risk sports … has become a sort of substitute for warfare” (1382).

“I had a feeling that the Algerian War* [1954-1962] was far different than what those naïve champions for French Algeria, with whom I did not share the dream of a multi-ethnic utopia, thought. My sympathy lay with the Europeans under threat” (278). Nasionalisme en patriotisme was vir Venner van deurslaggewende belang. In Suid-Afrika sou hy hom ongetwyfeld by die blankes geskaar het. Die verkwanseling van ons land, wat blankes sonder ‘n eie grondgebied gelaat het, sou hom rasend verontwaardig gemaak het. Hy het dit teen “the general regress of the White world” gehad (510). [* Ek onthou dat AM van Schoor, die redakteur van Die Vaderland, kort na die begin van die Algerynse Oorlog in sy radioprogram “Wêreldgebeure” voorspel het dat wat in Algerië met die blankes gebeur ‘n aanduiding sou gee van wat die lot van blankes in Suid-Afrika gaan wees. Vier dekades later is hy reg bewys.]

Enigeen wat vir blankes in die bres tree, word van rassisme beskuldig. “Accusations of ‘racism’ lead to social and civic death. Hunted down by a pitiless inquisition, the accused will be convicted by the long ‘secular arm’ of the law” (1570). “We reject the egalitarian lie, and we bow before the hierarchies established by nature” (949). “Men exist only by what distinguishes them” (1744). Later kom hy hiernatoe terug: “We exist only by that which distinguishes us and by what is unique to us: clan, lineage, history, culture, and tradition, all of which are things we need as much as oxygen in order to truly be alive … tradition … is not the past, it is that which does not pass away. It comes to us from that which is most distant, but always present. It is our interior compass, the benchmark of all the norms that suit us and that have survived all that has tried to change us” (1819). “If a tradition survives over time, it is because it rests upon the hereditary dispositions of related peoples, and a spiritual heritage whose origin reaches back into prehistory, through the long and mysterious period that led to the emergence of the Indo-Europeans” (1844). “When it comes to European tradition, Homer is the very source itself” (2165).

Daar is ‘n tradisionele Franse kultuur en ook ‘n breër Europese kultuur. Die onderskeibare kulture wat in die verskillende Europese lande aangetref word, kan dus as subkulture van die omvattende Europese kultuur beskou word. Venner noem dit die “hidden Europe” (777). Die kultuurverskille in die tradisionele Europa was nie van so ‘n diepgaande aard dat dit as “multikultureel” gekarakteriseer kon word nie; altans nie in dieselfde sin as wat hierdie woord deesdae graag gebruik word nie. Die kultuur van immigrante uit die Derde Wêreld verskil fundamenteel van die Franse en ander Europeërs se lewenswyse. Multikulturaliteit het dus ‘n negatiewe betekenis vir Europeërs. Hulle voorspoed, lewenswyse en selfs voortbestaan word deur selfaangemelde vreemdelinge bedreig. Die meeste Europeërs begeer hulle eertydse monokulturaliteit.

Al het gebeure Venner tot selfmoord gedryf, was hy nogtans optimisties. “Signs of popular awakening are arising all over Europe, evidence that Europeans are regaining their sense of self-awareness” (528). “I do not wish to join the chorus of pessimistic ‘declinists'” (549). “The European Union seems to be losing its political weight, and European governments are losing their faith in economic globalism and the moral code of human rights” (542). “One can clearly see the signs that guilt-ridden attitudes towards European history are fading. The fact that this immoral system of economic predation needs to criminalise our past in order to maintain its pretention to purity, has become all too obvious” (1806).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • henkst

    Dankie vir die interessante artikel.
    Volgens die Germaanse tradisie was dit as ‘n skande en ‘n groot vernedering beskou om die stryd te oorleef, terwyl die leier gesterf het. Sommige krygers het na ‘n verlore stryd selfmoord gepleeg deur hulle in Wodan se naam te laat ophang of met ‘n spies in die onderbuik te steek. Die redes hiervoor was enersyds dat hulle die skaamte nie kon verwerk nie en andersyds wou hulle ook daarvan verseker wees dat hulle steeds na die Valhalla sou gaan, waar Wodan op hulle wag.

  • Karel Combrinck

    Vandag 24/04 vir een keer iets positiefs oor Afrikaans in die Naspers, komende uit nogal onverwagte oorde.. Vergun my, Leon, dat ek dit hier by jou stuk inlas. Dit lyk terloops asof daar meer Engelse is as Afrikaners wat voorbrand maak vir Afrikaaans! Maar wat anders kan ‘n mens ook verwag met “Afrikaanse intellektuele” soos Piet Croukamp.

    “‘n Groep wat hulself Gelyke Kanse noem en hulle beywer vir die behoud van
    Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch, het die
    afgelope week ’n ekstra hupstoot gekry nadat die Nobelpryswenner J.M.
    Coetzee en Fritz Brand, ’n hoogaangeskrewe voormalige appèlregter, hul
    steun aan die groep toegesê het.

    Ander bekendes wat die groep steun, is die digter Breyten Breytenbach, die politieke ontleder R.W.
    Johnson, die aktivis Rhoda Kadalie, Tony Leon, voormalige DA-leier,
    Robin Renwick, voormalige Britse ambassadeur in Suid-Afrika, en David
    Welsh, historikus en skrywer van The Rise and Fall of Apartheid.

    Die groep sê die universiteit se voorgenome taalbeleid is nie net vaag en
    vol gebreke nie, maar sal Afrikaans as akademiese, literêre en
    wetenskapstaal ’n nekslag toedien.

    In’n brief waarin hy sy steun aan die inisiatief uitspreek, skryf
    Coetzee: “My simpatie lê by julle. Die kritieke punt, vir my, is dat die
    (voorgenome) taalbeleid nie een keer die woord kultuur gebruik nie. Dit
    lyk asof die universiteitsbestuur taal beskou as ’n instrumentele
    kommunikasiestelsel sonder enige kultuurdraende rol.”

    • Guest

      Panic in the British Establishment about Afrikaners.

      • Riempies

        “Panic in the British Establishment about Afrikaners.” Hulle het rede om ons
        Afrikanervolk te vrees – n Boer gee nie op nie en n Boer hou nie op voor die slag

        nie gewen is nie. Gaan maar terug op die spoor van ons Afrikanervolk se geskiedenis. Kyk hoeveel keer het n paar boere n oormag Engelse op hulle herrie gegee.

  • Vrystaat

    Effens van die punt af maar hierdie was nogal interessant :https://whisnews21.com/2015/11/22/the-shocking-truth-about-racism-by-juju-mkize/

  • Guest

    And while whites have been navel-gazing, a ‘singer’, actually a vessel for trendy political messages with more than 14 million followers on Twitter and a reach far beyond that is promoting pure urban terrorism. https://www.youtube.com/watch?v=EQiHw10ujvA

    • Craig

      Another Harriet Tubman. President Obama said about this one: “Beyoncé could not be a better role model for my girls because she carries herself with such class and poise and has so much talent.”

  • Thys Du Plessis

    Hierdie artikel is n klinkklare bewys van die totale hopeloosheid van mense wat nie hulle fondasie op Die Rots bou nie. Wat het geword van n volk wat sy volle vertroue eens in sy Skepper gehad het dat hy enigsins geïnteresseerd moet wees in iemand wat sy eie lewe neem in aansien van godloosheid in plaas van die goddelose doodmaak? Daar word gesê “In Europa is daar skuldgevoelens omdat die twee wêreldoorloë daar ontstaan het”, maar nooit word daar werklik ondersoek ingestel waar die oorloë vandaan gekom het nie en word die burgerlikes daarvan beskuldig en neem hulle sommer die skuld aan. So is dit dan ook nie anders hier nie. Die waarheid ontheemde blanke Suid-Afrikaner voel skuldig oor Apartheid terwyl as hy maar die waarheid geken het skuldig sou voel oor iets net mooi teenoorgesteld. Ag wat n toestand as artikels soos die moet probeer rigting wys vir my volk, waar selfmoordenaars en afgodedienaars as rigting gewend aangehaal word.

  • Pingback: Leon Lemmer: Georges Pompidou oor die studente-onrus, ens. – praag.co.za()