Gese?nde Kersfees aan al ons lesers

Deel op

ImageVanaf die PRAAG-redaksie, 'n Geseënde Kersfees aan al ons lesers! Dankie vir u troue ondersteuning gedurende die jaar wat van www.praag.co.za 'n gedugte speler in die nuwe Afrikaanse media gemaak het.

Hoewel Kersdag ook 'n heidense oorsprong het as die dag waarop die sonnewending in die noordelike halfrond gevier is, het dit reeds tweeduisend jaar lank 'n Christelike betekenis as die geboortedag van Jesus Christus wat vir ons sondes aan die kruis gesterf het.

Kersfees 2008 kom aan die einde van 'n jaar waartydens die onsekerheid wat ons as volk tans teister weereens verdiep het. Nie net die wêreldwye ekonomiese afswaai nie, maar ook Suid-Afrika se vele politieke en sosiale probleme waaraan daar feitlik niks gedoen word nie, stem baie Afrkaners tot pessimisme. Vele verlaat ons vaderland of beplan om dit te verlaat op soek na 'n beter toekoms elders.

Wat die Afrikaner egter byna uniek onder Westerse volke maak, is sy onwrikbare geloof. Kersfees is daarom 'n goeie tyd om ons geloof in 'n toekoms in 'n eie vrye vaderland – dít waarvoor ons voorgeslagte soveel opgeoffer het – te herbevestig. In die jaar wat kom, gaan ons opnuut gelouter word deur 'n onregverdige en dikwels rassistiese bestel wat deur buitelandse moondhede en verraaiers in eie geledere op ons afgedwing is.

Dit sou 'n illusie wees om te dink dat die komende verkiesing waartydens die Nguni-party, die ANC, die Sotho-party van Lekota en Shilowa mekaar die stryd gaan aansê hoegenaamd enigiets aan die Afrikaner se lot as slaaf en belastingbetaler gaan verander.

D.F. Malan se beroemde motto, "Glo in jou God! Glo in jou volk! Glo in jouself!" is vandag meer as ooit op ons van toepassing. Indien elkeen van ons in ons eie vermoëns glo, asook ons intellektuele en fisieke vermoëns om ons van die huidige verdrukking te bevry, sál ons onstuitbaar raak. Terwyl daar egter gemor en getwyfel word, sal ons in die huidige moeras bly vasval.

Kersdag is by uitstek ook 'n dag waarop Afrikaners landwyd en selfs globaal – denkende aan ons vele familielede wat weens geweld en rassisme in ons eie land in die buiteland verkeer – as gesinne feesvier. Dis ook 'n dag wat deur die gasvryheid en geselligheid waarvoor ons mense beroemd is, gekenmerk word.

Op sulke dae ervaar ons die oorvloed wat ons hier op die wêreld se armste kontinent, in 'n byna onherbersame land, geskep het, bloot deur ons vernuf en werkywer. Laat die trots waarmee elke gasvrou en gasheer hul feesmaal op Kersdag gaan voorsit, ons inspireer om dieselfde trots in die prestasies en vermoëns van die Afrikaner te ontwikkel.

In 'n wêreld van gebrek en selfs hongersnood, voorsien Afrikanerboere die hele subkontinent van voedsel. Feitlik alles wat ons elke dag, maar ook op Kersdag, aan tafel aan ons kinders en gades voorsit, word deur Afrikaners iewers in ons land geproduseer. Hierdie wonderbaarlike landboubedryf, soos ons taal, kultuur en selfs fisieke voortbestaan, word bedreig deur die soort bose en rassistiese ideologie wat reeds 'n Zimbabwe op sy knieë gebring het.

Terwyl ons op Kersdag die vrugte van die Goeie geniet, laat ons nie vergeet dat die Bose afgunstig op ons welvaart, sukses en vrede is nie. En ons verkeer reeds in 'n Bose bestel wat elke dag sy haat en nyd jeens ons volk op velerlei wyses demonstreer.

Christus het na die aarde gekom om vrede te bring, maar daarvoor is hy gekruisig. Op soortgelyke wyse wou die Afrikaner vrede en welvaart in Suid-Afrika skep, maar is ons verguis en belaster. Vandag word ons in ons huise en op ons plase dikwels grusaam vermoor.

Christus roep ons ook op om vir Hom soldaat te wees en om Sy erfenis en ons geliefdes met alles te verdedig, as dit moet.

Laat ons in die komende jare, in 2009 en vorentoe, soldate vir ons Verlosser wees en ons van hierdie bose bestel bevry.

top 10 freeлобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.