Seriti was ANC-wapentransaksie nog witter

Deel op

Pres. Zuma het die week aangekondig dat die Seriti-kommissie geen tekens van bedrog, korrupsie of omkopery in die ANC-wapentransaksie kon kry nie.

Hy het Woensdag die finale verslag rakende die ondersoek in ontvangs geneem.

Die ­kommissie het bevind dat al die wapens en toerusting met welslae aangewend word en dat daar niks geskort het met die verkrygingsproses nie.

Die kommissie meen die aankope was noodsaaklik en dat geen gronde bestaan vir bewerings van bedrog of korrupsie nie en geen bewyse dat omkoopgeld aan konsultante betaal is nie.

Ook is geen bewyse gevind dat wapenmaat­skappye geld aan amptenare betaal het nie.

Die kommissie onder leiding van regter Willie Seriti is in September 2011 deur Zuma aangestel om beweringe van bedrog, korrupsie, onbehoorlikheid of onreëlmatigheid ingevolge die verkrygingsproses te ondersoek.

Die kommissie se verslag al op 30 Desember voltooi en aan Zuma oorhandig, maar dit is nou eers bekend gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.