Kenia verbrand stapels ivoor

Deel op

Natuurbewaarders van Kenia se natuurlewe dienste (KWS) het olifanttande op ‘n brandstapel in Nairobi se nasionale park uitgepak om te vernietig.

Dié stap is geneem ter voorbereiding van ‘n geskiedkundige verbranding van tonne ivoor, renosterhorings en ander gekonfiskeerde natuurlike trofeë.

Kenia sal op 30 April nagenoeg 105 ton gekonfiskeerde ivoor, byna die hele voorraadstapel van die land, verbrand.

Verskeie Afrika-staatshoofde, bewaringsdeskundiges en hoë profiel filantrope sal die geleentheid bywoon wat hulle hoop ‘n sterk boodskap teen wildstropery sal stuur.

Die vernietiging van ivoor sal die waarde daarvan verder verhoog, en die reeds winsgewende sluik handel verder stimuleer, omdat die produk skaarser raak.

‘n Beheerde mark met streng regulasies kan ‘n oplossing vir baie Afrika-lande wees om ‘n inkomste te genereer en selfs bewaringsinisiatiewe finansier, het Suid-Afrika egter voorheen gesê.

Vier Suid-Afrikaanse lande het geappelleer teen die CITES-ivoorhandelverbod om hierdie rede, waar daar ook ‘n groot voorraad van ivoor is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.