Obama ontmoet topamptenare van Golfstate

Deel op

Pres. Barack Obama het die week topamptenare van ses Arabiese nasies ontmoet om kwessies rakende vrede in die Persiese Golf-streek, insluitende die stryd teen die Islamitiese Staat-groep (ISIS), te bespreek.

Die vergaderings in Rijad moet glo voortbou op ’n ­soortgelyke spitsberaad wat verlede jaar by Camp David, die Amerikaanse president se vakansiewoning in Maryland, plaasgevind het.

Die VSA het voor hul besoek gedreig om beslag te lê op Saoedi-beleggings as hulle nie wil saamwerk nie.

Die byeenkomste in Rijad is ‘n aanduiding dat die Withuis skeptiese Midde-Oosterse bondgenote opnuut wil indwing in hul besluite.

Die Koninkryk het ‘n bemarkinsoffensief deur hul lobbies in die VSA en Brittanje geloods voor die ontmoeting.

Saud al-Faisal het aan die FT gesê dat ISIS hulle antwoord is op Iran.

Dié gesprekke kom nadat die Wahabi-koning daarvan beskuldig is dat sy land vir die terreuraanvalle van 9/11 verantwoordelik is. Saoedi-Arabië is ‘n bondgenoot van Israel sowel as Turkye.

Hierdie bondgenote het ernstige ­bedenkinge oor Obama se uitreiking na Iran en die Amerikaanse beleid oor die voortslepende burgeroorlog in Sirië, maar die VSA kan nie bekostig dat die gebeure rakende 9/11 verder onder die soeklig kom nie.

Met die aanvang van die verrigtinge in ’n weelderige vergadersaal in die Dirija-­paleis, het leiers oor koeitjies en kalfies gepraat, vir die kameras geglimlag, maar geen verklarings gemaak nie, het AP berig.

Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, die minister van ­buitelandse sake, John Kerry, die nasionale veiligheidsraadgewer, Susan Rice en die direkteur van die CIA, John Brennan, het ook die vergadering bygewoon.

Die spitsberaad volg op bilaterale gesprekke wat Obama Woensdag met die Saoedi-kon­ing, Salman, gehad het kort nadat hy in die koninkryk aangekom het.

Benewens ­Saoedi-Arabië is die Verenigde Arabiese Emirate, Koeweit, Oman, Katar en Bahrein ook deel van die spitsberaad.

Die Golfstate is uiters skepties oor Obama se bereidwilligheid om met die magtige Sjiïtiese Iran te onderhandel.

Hulle vrees dat verlede jaar se kernooreenkoms met die Islamitiese Republiek tot ’n herbalansering van die magte in die streek, tot hul nadeel, kan lei.

Dit is nou reeds vier maande nadat die VSA belowe het om Iran se bevrore rekeninge oop te stel, maar nog nie stappe geneem het om hul onderneming na te kom nie.

Intussen het die VSA ook steun aan die Koerde verskaf in Sirië wat Wahabi-pogings om Assad uit die kussings te lig, verder bemoeilik.

Saoedi-Arabië, die Emirate en ander Golf-lande eis dat Amerika meer moet doen om die Siriese president, Basjar Assad, omver te werp. Die kanse is egter besonder skraal omdat Rusland Sirië steun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.