Swart spioen pryk eersdaags op Amerikaanse banknoot

Deel op

Die Amerikaanse Tesourie het aangekondig dat die swart spioen, Harriet Tubman die eerste vrou in meer as ‘n eeu sal wees om op Amerikaanse banknote te verskyn.

Die onaansienlike bediende Tubman is in die 1820’s as ‘n slaaf gebore en het gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog op die Suide gespioeneer.

Sy sal die oudpresident Andrew Jackson, wat ‘n slawe-eienaar was, voor op die 20-dollar-noot vervang.

Die Unie het haar betaal om die bewegings van die Konfederale troepe te verraai.

In 1863, het die swart bediende kolonel James Montgomery en sowat 150 swart soldate op ‘n kanonboot vergesel met die inval in Suid-Carolina.

Die Unie het die Konfederale rebelle verras en toe die slawe wat in die afgebrande plantasies geskuil het, besef die Unie kan hul vryheid waarborg, het hulle uit alle rigtings na die bote begin aanstorm.

“Ek het nog nooit so ‘n gesig gesien nie,” het Tubman daarvan gesê van die 700 siele.

Sy word tans voorgehou as een of ander swart militêre genie wat ‘n veldslag teen die “rassistiese” Suide gewen het.

Die sekretaris van die Tesourie, Jacob Lew sê Tubman is ‘n geskiedkundige leierfiguur wat haar eie lewe op die spel geplaas het om ander re red.

Tubman se onvleiende gesig is verfraai vir die noot.

Volgens Tubman self het sy soos ‘n “onkruid” opgekom as kind.

Die Tesourie het planne laat vaar om een van die stigters van die Amerikaanse finansiële stelsel, Alexander Hamilton van die 10-dollar-noot te verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.