SA regering in duister oor ekonomiese ineenstorting in Zimbabwe

Deel op
Die Suid-Afrikaanse regering kan nie met sekerheid sê wat die ekonomiese ineenstorting in Zimbabwe veroorsaak het nie. 'n Woordvoerder van die Presidensie, Thabo Masebe, het in 'n telefoniese onderhoud met PRAAG gesê die oorsake van die verval van die Zimbabwiese ekonomie was nie duidelik nie.

Hy sê voorts die regering het geen opinie oor die omstrede grondhervormingsprogram van President Robert Mugabe nie. Dié program word allerweë deur kenners aangegee as die rede hoekom die eens kragtige Zimbabwiese ekonomie algeheel in duie gestort het en die voormalige “broodmandjie” van Afrika nou ernstige hongersnood beleef. Masebe sê Mugabe se grondhervormingsprogram is 'n binnelandse aangeleentheid en Suid-Afrika is geensins van plan om polities in Zimbabwe betrokke te raak nie.

Hy sê daar is geen lesse vir Suid-Afrika te leer uit die krisis in Zimbabwe nie.

Masebe het kommentaar gelewer op die R300-miljoen se noodlenigingshulp wat deur die Suid-Afrikaanse regering aan Zimbabwe bewillig is. Volgens Masebe behels die hulp nie enige geld nie maar landbouhulp in die vorm van saad, kunsmis en implemente. Hy sê die situasie in Zimbabwe is 'n nie 'n politieke nie maar humanitêre krisis.

zoom отзывыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.