Rhodes sluit na boendoehof teen beweerde verkragters

Deel op

Die adjunk vise-kanselier van die Rhodes-universiteit, Peter Clayton het bewerings ontken dat die universiteit weier om verkragtingslagoffers te ondersteun.

Die betogende studente beweer die bestuur het nie opgetree nie en eis dat elf studente dadelik geskors word wat van die misdade verdink word.

Die instelling het ‘n dringende aansoek gebring om te keer dat oproeriges ander studente op die kampus aanval, intimideer of dreig.

‘n Lys van die beweerde verkragters wat aan die universiteit oorhandig is, is intussen op sosiale media ook rondgestuur.

Studente beweer die universiteit wil slagoffers van seksuele geweld ontmoedig om dit aan te meld sodat die universiteit se beeld nie geskaad word nie.

Clayton sê elke persoon het die reg om ‘n saak by die polisie aanhangig te maak.

Hy sê daar is ook ‘n kantoor waar teistering by die universiteit aangemeld kan word.

Protesoptrede deur studente het akademiese bedrywighede by die universiteit tot stilstand gedwing. Die polisie moes rubberkoeëls en traangas gebruik om oproeriges uitmekaar te dryf.

Een student is glo deur ‘n bakkie raakgery in die pandemonium wat gevolg het.

Swart vrouestudente veral het hulself in gevorderde stadiums van naaktheid vertoon, glo uit protes teen verkragting.

Die polisie het Woensdag twee oproermakers op die kampus in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.