Milde reën oppad

Deel op

Groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes kan vanaand en môre na reën uitsien.

Tonie Rossouw van die Bloemfonteinse weerkantoor het aan OFM gesê daar is vandag ‘n 30%-kans op buie en donderbuie in die sentrale deel van die binneland.

Dit weens ‘n frontale stelsel wat suid van die land inbeweeg. Daarmeesaam is daar ‘n goed ontwikkelde bolaagtrog voor dié frontale stelsel wat die styging van lug veroorsaak.

‘n Wolkband beweeg van die westelike deel na die ooste. Hy sê daar is vanaand ‘n 60%-kans op reën in die Vrystaat en die Noord-Kaap wanneer die stelsel deurbeweeg.

Hy voorspel ook ‘n 60%-kans op reën môre in die sentrale en suidelike deel van die Vrystaat, die verre suid-oostelike deel van Noordwes en die oostelike deel van die Noord-Kaap.

Gunstige reëntoestande verbeter teen vanmiddag. Daar is ‘n goeie kans op buie en donderbuie teen vanaand en môre heeldag in die sentrale binneland.

Dit sal aanvanklik begin in die westelike deel en deurbeweeg oor die sentrale deel van die Vrystaat, asook die Suid-Vrystaat, na die noord-oostelike deel van die provinsie. Rossouw sê reëntoestande sal teen Vrydag opklaar. Hy voorspel ook geen reën vir volgende week nie.

Rossouw sê teen Saterdag kan mense in die sentrale binneland sonnige maar koel toestande verwag. Warmer temperature kom eers teen Sondag voor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.