Swart jeug kry nie werk nie ten spyte van rassevoorkeure in hul guns

Deel op

Ondanks drakoniese regstellende-aksiewetgewing in Suid-Afrika, kry blanke en Indiërjeugdiges steeds meer werk as hul swart en kleurling-eweknieë. Die blanke en Indiëropvoedingsvlakke het ook sedert 1994 toegeneem terwyl dié van swartes afgeneem het, met die implikasie dat die onderwysstelsel vir swartes onder sogenaamde “apartheid” beter was as die huidige mengelmoes van polities korrekte skole en linkse indokrinasie aan die universiteite.

Dié feite is deur die Suid-Afrikaanse regering self bekendgemaak, nie deur ‘n buite-agentskap nie. Die land se swart statistikus-generaal dr. Pali Lehohla, het Maandag aangekondig:

“Meer kleurling- en swart jeugdiges in Suid-Afrika is werkloos, by misdaad betrokke en ongeskool as ander rassegroepe.

“Vir Indiërs en blankes, is die toekoms helder. Vir die kleurling- en swart jeug, is dit nie. Dit neem twee keer soveel moeite vir ‘n swart of kleurlingkind wat aan dieselfde universiteit kwalifiseer om werk te kry,” het Lehohla gesê.

Maatskappye en werkgewers neem regstellende aksie in ag was dit by aanstellings kom, wel wetende dat die punte wat kleurlinge en swartes op universiteit ontvang, kunsmatig deur liberale en linkse professore opgestoot word.

Lehohla het ook die feit beklemtoon dat vele swartes op universiteit uitval, ten spyte van rekordgetalle wat toelating verkry.

“Die aantal swart en kleurlingjeugdiges wat universiteit toe gaan, het toegeneem, op dramatiese wyse. Die probleem is dat hulle nie klaarmaak nie, anders as die blanke studente. Hulle word deur ‘n aantal uitdagings in die gesig gestaar.”

Blanke, Indiër- en Asiese jongmense is ook meer geneig om hoërskool te voltooi as swart en kleurlingleerlinge. Dieselfde geld vir universiteit, waar slegs 10% van swartes in sommige studierigtings ooit hul graadkursusse voltooi.

Volgens Lehohla bestaan 66% van Suid-Afrika se werkloses uit jongmense, waarvan die meeste swartes of kleurlinge is.

Aangesien opvoeding met indiensneming korreleer, vind die blanke en Indiërjeug dit makliker om werk te kry, ondanks die negatiewe wetgewing wat blankes vir “hul ouers en grootouers se rassisme” straf. Maar, Indiërs doen in sommige gebiede selfs beter as blankes omdat hulle oor soortgelyke opvoedingsvlakke beskik, dog steeds vir regstellende aksie kwalifiseer. Sekere banke in Johannesburg neem na bewering slegs Indiërs in diens en byna geen blanke jeugdiges nie. Maar buite die grootmaatskappy-omgewing, lyk dit asof blanke jongmense by klein en mediumgroottemaatskappye in aanvraag is.

Lehohla het gesê dat tweederdes van Suid-Afrika se werkloses in 2014 uit jongmense bestaan het. In die ouderdomsgroep 25 tot 34, het slegs een uit elke drie oor ‘n betrekking in 2014 beskik.

Vele blanke Suid-Afrikaners emigreer omdat hulle glo dat hul kinders nie werk sal kry nie as gevolg van die ANC-SAKP-bewind se rassistiese antiwit beleid as dit kom by die regulering van die arbeidsmark. Dog in die regte wêreld kom dit voor asof vaardighede steeds oor regstellende aksie en rassesosiogeniëring triomfeer.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.