Sjina verwerp oproep deur bekende skrywers

Deel op

Image

Liu Xiaobo

Sjina het Dinsdag 'n oproep verwerp deur prominente internasionale skrywers en akademici om die Sjinese rebel, Liu Xiaobo vry te laat. Die versoek is in 'n brief aan die Sjinese president Hu Jintao gestuur.

"Sjina is 'n land waar wet en orde heers, en die saak sal binne die raamwerk van die reg opgelos word," het die minister van buitelandse sake se woordvoerder Qin Gang aan verslaggewers gesê.

"Sjina staan enige inmenging van buite in sy binnelandse aangeleenthede teen."

Liu is in polisieaanhouding vir die afgelope 15 dae, nadat hy 'n ope brief – Handves 08 – geskryf het waarin hy vra vir demokratiese hervorming in Sjina.

Die Europese Unie en Amerika het reeds kommer uitgespreek oor Liu se aanhouding, maar Sjina het dit afgemaak as inmenging in sy binnelandse aangeleenthede.

Die brief wat aan Hu gestuur is, is geteken deur romanskrywers soos Brittanje se Salman Rushdie en Italië se Unberto Eco, asook Nobelpryswenners wat die Ierse digter Seamus Heaney insluit.  

платьяалександр лобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.