Kaapstad bestry rassisme, nie geweld nie

Deel op

Kaapstad bestry liewer rassisme, nie geweld en die vernietiging van infrastruktuur nie.

Wes-Kaapse Verkeersowerhede sê die N7 by Du Noon naby Milnerton is weer oopgestel na nog ‘n nag van gewelddadige protesoptrede.

Protesgangers het voertuie met klippe bestook en buitebande aan die brand gesteek.

Hulle sê daar word nie gehoor gegee aan hul eise om behuising en dienslewering nie.

Maandag is winkels wat aan buitelandse burgers behoort gestroop en ‘n MyCiti-bushalte ernstig beskadig.

Intussen sê die Kaapstadse metro sê hulle ondersoek nou meer as 30 voorvalle van rassisme in die stad en nie dienslewering nie.

Die plaaslike owerheid en die Kaapse Skiereiland universiteit van tegnologie het ‘n onderneming onderteken om rassisme te bestry.

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille het ‘n beroep op die publiek gedoen om voorvalle van rassisme aan te meld.

Metrorail moes pendelaars waarsku dat vertragings van tot twee ure kan voorkom na vandalisme aan die seintoerusting by die Kaapse stasie.

Die pendeldiens ervaar die afgelope paar weke verskeie probleme weens ‘n onbeskermde staking.

Treinwaens is onder meer aan die brand gesteek. Nog veiligheidsmaatreëls is in plek en pendelaars is gevra om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.

Die departement van Water en Sanitasie het ook sy kommer uitgespreek oor die toenemende beskadiging van waterinfrastruktuur weens kabeldiefstal by pompstasies.

Die departement sê kabeldiefstal kniehalter die verskaffing van skoon water aan gemeenskappe.

Water ter waarde van tot sewe miljard rand gaan jaarliks verlore weens die beskadiging van infrastuktuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.