Swart seun in swembad: oordeienaar moet homself heropvoed, sê MRK

Deel op

‘n Vakansieoordeienaar van Nylstroom wat voorheen daarvan beskuldig is dat hy ‘n “swart tiener” gevra het om uit die oord se swembad te klim, het onderneem om ‘n program van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te volg om hom selfs van onbewuste neigings tot rassisme te genees. Johan Gresse van die Klipspringer-vakansieoord het ontken dat hy op 31 Desember verlede jaar rassisties opgetree het deur die aangenome swart seun van twee van sy gaste te vra om uit die swembad te klim. Blykbaar het van die ander blanke gaste oor die swart tiener se teenwoordigheid in die swembad gekla en Gresse het gedink dat hy ‘n indringer was wat nie by die gastehuis tuisgaan nie.

Die geval het opspraak verwek en selfs die minister van toerisme het Gresse se optrede verwerp en dit as uiterste rassisme beskryf. ‘n Hele aantal liberale media in Johannesburg het met woede op die voorval gereageer en geëis dat die oord permanent gesluit word en dat Gresse vervolg word.

Gresse het nou ‘n verklaring onderteken waarin hy “om verskoning vra” en erken dat sy “optrede van waningeligtheid gespreek het” as deel van ‘n “versoeningsooreenkoms” met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.

Die verklaring lui soos volg:

“Ek aanvaar dat my optrede van waningeligtheid spreek en dat ek die waardigheid van die kind mag geskend het.

“Ek sal daaraan werk om die kind se vertroue weer te wen en aanvaar die aanbevelings van die Kommissie hierin en onderneem om van vandag af vorentoe enige klagtes vinnig en gepas op te los sodat enige soortgelyke voorval in die toekoms vermy kan word.”

Die swart tiener se aangenome moeder het hom alleen gelaat om haar man op die dorp te gaan haal. In die wyle is hy versoek om die swembad te verlaat.

Die mede-eienares van die oord, Elsabe Gresse, het gesê dat die ouers haar nie in kennis gestel het dat die twee seuns saam met hulle is nie. Gresse het om veiligheidsredes die tiener gevra om uit die swembad te klim aangesien kinders nie sonder hul ouers se toesig mag swem nie.

Die SA Menseregtekommissie het ook aanbeveel dat die Gresse-egpaar byeenkomste by hul oord hou om “samehorigheid tussen verskillende rasse en kulture te skep”.

Hulle sal gereeld aan die SAMRK moet terugrapporteer oor die vordering in hul heropvoedingsprogramme.

Volgens ‘n artikel in die Amerikaanse Psychology Today bestaan daar egter wel ‘n gevaar van verdrinking as ‘n mens swart kinders sonder toesig laat swem, aangesien die meeste nie kan swem nie. Volgens ‘n swart dokter, Melody T. McCloud, is dit aan sosiale redes toe te skryf: eerstens word die meeste swart kinders deur hul ma’s grootgemaak omdat die pa gewoonlik reeds vort is en tweedens hou die ma nie daarvan om in die swembad te klim nie aangesien haar hare nat gaan word. Swart vroue bestee reusebedrae aan pruike of om hul hare te laat reguit maak en dus wil hulle nie swem nie.

Dr. McCloud skryf op Psychology Today:

Nog ‘n sleutelrede waarom vele swartes nie (kan) swem nie (ja, ek gaan dit sê), is dat swart vroue nie moeite met hul hare wil hê nie, ná alles. Met vroue van alle rasse wat meesal die primêre opvoeder en bepaler van hul kind se aktiwiteite is, word vele swart kinders nie aan ‘n swembad of die see blootgestel nie hoofsaaklik omdat die moeder nie swem nie (want sy wil nie haar hare laat nat word, of “haar hare bederf” nie). Dit bewys ‘n onguns aan die kinders.

Maar ek sê, dames, herstel daarvan — dis net hare. Om u en u kinders se onthalwe, klim in die water! Dompel jou onder! Duik in! Maar ja, leer eers om te swem; dit mag eendag handig te pas kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.