Nog cholera in KwaZulu-Natal

ImageNog twee mense wat vermoedelik cholera het, is in KwaZulu-Natal se Middellande opgeneem in die hospitaal, het die provinsie se departement Dinsdag gesê.

Woordvoerder Chris Maxon het gesê die twee is vandeesweek opgeneem in die Church of Scotland-hospitaal in Msinga.

"Daar word vermoed dat hulle cholera het en toetse word op hulle gedoen."

Maxon het gesê dat net twee mense sover met die wateroordraagbare siekte gediagnoseer is in dié provinsie en dat een oorleef het.

"Een was 'n vragmotorbestuurder van Zimbabwe wat oorlede is, en die ander man was van Ethiopië afkomstig. Hy het deur Zimbabwe gereis om na Suid-Afrika te kom. Hy is vroeër vandeesmaand by die Nkonjeni-hospitaal in Zoeloeland vir cholera behandel en het oorleef. Hy is daarna ontslaan," het Maxon gesê.

Die cholera-epidemie het reeds meer as 1 120 lewens geëis in Zimbabwe en meer as 21 000 infeksies is reeds aangemeld.

Duisende, waarvan baie met die siekte besmet is, het na naburige lande, insluitend Suid-Afrika, gevlug.

Gesondheidsowerhede het verskeie choleragevalle en vermoedelike gevalle in Suid-Afrika aangemeld.

Spesiale verslaggewer insake gesondheidsaangeleenthede, Anand Grover, het Maandag die mediese krisis wat Zimbabwe bedreig beklemtoon. Groot hospitale is toe vanweë die tekort aan mediese voorrade, asook 'n tekort aan dokters en verpleegsters.

"Zimbabwe se gesondheidstelsel het heeltemal in duie gestort, dit kan nie die uitbraak van die cholera wat daaglike versprei deur die land en waarvan die dodetal styg, meer beheer nie," het hy gesê.

Met die reënseisoen wat naderkom, vrees kenners dat die krisis kan verdiep.

Zimbabwe het die cholerauitbraak 'n nasionale noodtoestand genoem en die internasionale gemeenskap om hulp gevra om te help voorkom dat die siekte verder versprei.

Dit is die mees onlangse krisis om die regering van president Robert Mugabe te tref. Die land trotseer reeds hiperinflasie, ernstige voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit.

игри для дитейпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.