Japan lamgelê deur twee aardbewings

Deel op

Die twee aardbewings wat dele van die suide van Japan lamgelê het, se invloed word veel verder as die middelpunt van die rampgebied gevoel.

Alhoewel dit nie so erg was soos die verwoesting van die 2011-aardbewering en die tsunami nie, word vervaardiging direk geraak.

Motorvervaardigers veral, het sedertdien lesse oor ontwrigtings in die verskaffingsketting geleer.

Toyota Motor Corp, die motorvervaardiger wat die swaarste getref is, het produksie by sy fabriek in Kyushu gestaak, waar die aardbewings laat Donderdag en vroeg Saterdag plaasgevind het.

Tot dusver is 42 mense dood en byna 1 100 beseer. Honda Motor Corp het produksie by sy motorfietsfabriek in Kumamoto, die grootste stad wat deur die aardbewing geraak is, gestaak.

Díe fabriek is ernstig in die aardbewing beskadig en vanweë naskokke was dit onveilig om die gebou binne te gaan en die omvang van die skade te inspekteer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.