Amerikaans-Russiese ruimtespan voltooi ruimte-uitstappie

Image

Solowjof tydens ‘n vorige ruimteloop

Amerikaanse en Russiese ruimtevaarders, Michael Fincke en Joeri Lontjakof het 'n amper ses uur lange ruimteloop voltooi om instandhouding te doen en eksperimente in die internasionale ruimtestasie op te stel.

Fincke, die stasiebevelvoerder en Lontjakof het Russiese en Europese sensors aan die stasie se buitekant uitgehaal en geïnstalleer. Die stasie is meer as 320 kilometer bo die aarde se oppervlakte.

"Ok, ons gaan weer die ruimte in," het Fincke in Russies aan Lontjakof oor die radio gesê terwyl hy in die koue vakuum van die ruimte gesweef het. "Dit is goed om weer hier te wees." Die kommentaar was hoorbaar oor 'n lewendige NASA-videotoevoer oor die internet tydens die ruimteloop wat 5 ure en 38 minute geduur het.

In 'n terugtree naby aan die einde van die Russies-beheerde sending, moes Fincke en Lontjakof 'n eksperiment van die Europese ruimte-agentskap wat hulle vroeër Dinsdag geïnstalleer het verwyder vanweë datatransmissieprobleme met die Russiese grondstasie.

Die videotoevoer wys Fincke en Lontjakof in hulle Russies-vervaardigde Orlan-ruimtepakke waar hulle die ruimtestasie verlaat deur die klap in die Pirs-dokkompartement.

Fincke in 'n rooigestreepte pak en Lontjakof in 'n blougestreepte pak kon gesien word waar hulle aan kabels vasgemaak was en ander take gedoen het terwyl die son periodiek opgekom en gesak het oor die kosmiese bouperseel.

Lontjakof het na Fincke in Russies as "Misja" verwys, 'n gemeensame verkleiningsvorm terwyl die twee  gereedskap en kabels heen en weer aangegee het in die ligte wat aan hulle helms gemonteer is.

купить насосtopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.