Transformasie lei tot cholera

Die nuus dat daar ook nou choleragevalle in Johannesburg voorkom, het Suid-Afrika volledig binne die kategorie van 'n derdewêreldland geplaas. Terwyl transformasie oorkant die Limpopo gemanifesteer het in ekonomiese verval, hongersnood en natuurlik cholera, wil dit voorkom asof die suiwering van blanke ingenieurs en gesondheidsamptenare deur die ANC-bewind juis tot onsuiwer water en siektes gaan lei.

In Brittanje en die VSA heers daar seker groot tevredenheid met dié stand van sake, want binnekort gaan daar ook hulpkrete vanuit Suid-Afrika opgaan om 'n cholera-epidemie onder beheer te bring, wat ons voorheen eerstewêreldland se volslae afhanklikheid van buitelandse kundigheid en logistiek sal demonstreer.

Vir die Afrikaner wat eens so trots was op ons land se infrastruktuur – waaronder skoon water, riolering en voortreflike staatshospitale vir alle bevolkingsgroepe – is dit 'n bitter pil om te sluk. Binne minder as een geslag het ons gevorder van ingenieursvernuf wat geboue hoër as vyftig verdiepings in Johannesburg kon oprig tot die agterlikheid van cholera wat in die veelgeroemde finansiële hoofstad van Afrika uitgebreek het.

Nie dat cholera egter die voorstanders van transformasie, grondhervorming en ander ekstreem-linkse, rassistiese ideologieë van stryk sal bring nie. Tensy daar iewers opstand of weerstand kom, sal Suid-Afrika op sy gebaande weg na 'n Zimbabwe voortsnel.

бани внутриДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.