Wit pa op hoewe doodgeskiet

Deel op

‘n Witman is Vrydagaand koelbloedig op ‘n hoewe in Mnandi, Centurion, deur swart aanvallers doodgeskiet.

Douglas Morgan (72) het glo drie skote gehoor waarvan een sy seun, Mathew (43) getref het.

Die swartes het die alarm onskadelik gestel.

Mathew, ‘n pa van twee jong seuntjies, is in die kop geskiet en is op die toneel dood. ‘n Skootrekenaar is uit sy huis gesteel.

Die aanvallers het daarna op Mathew se pa en ‘n mede-inwoner losgetrek toe hulle wou gaan ondersoek instel.

Een van die skote wat op Willem van Beest van Andel gerig was, het ‘n boom neffens hom getref. Die koeël van ‘n 9 mm-pistool het in die stam vasgeslaan.

Die aanvallers het daarna op die vlug geslaan en die polisie en buurtwag is ontbied.

Douglas woon al 47 jaar op die hoewe, waar ‘n aantal ander mense ook woon. Hy sê hy gaan sy seun se dood wreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.