Dodetal in Ekwador-aardbewing styg

Deel op

Die dodetal in die aardbewing in Ekwador in Suid-Amerika is opnuut opwaarts aangepas nadat dit intussen weer skerp gestyg het, het RSG berig.

Berigte is ontvang van bevestiging deur Ekwador se president, Rafael Correa dat die dodetal nou op 272 staan.

Die skudding het 7,8 op die Richterskaal gemeet, sowat 160km van die hoofstad Quito.

Reddingswerkers en troepe soek steeds na moontlike oorlewendes van eergister se aardbewing waarin meer as 2500 mense beseer is.

Tienduisend soldate en 3500 polisielede is ontplooi te midde van die omvanryke skade.

Brûe het meegegee en woonstelgeboue het onder andere ingetuimel.

Die adjunkpresident, Jorge Glas het bevestig dat internasionale hulp aangebied is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.