Parys-terreurverdagte het Duitse kernsentrum se planne gehad

Deel op

Salah Abdesalam, ’n hoofverdagte in die Parys-terreuraanvalle, het dokumente oor die Duitse kernnavorsingsentrum, Juelich in sy woonstel in die Molenbeek-gebied van Brussel gehad, het ’n groep Duitse koerante gister berig.

Juelich is ná aan die grens met België geleë en kernafval word daar geberg, het Reuters berig.

Die sentrum het in ’n verklaring gesê daar is geen aanduidings van gevaar nie, maar dat hulle in kontak met veiligheidsowerhede en kern-toesighouers is.

Kommer dat Islamitiese militante hul aandag op die kernnywerheid se swak plekke toespits, het opgelaai ná die aanvalle in Brussel waar selfmoordbomaanvallers die lewens van 32 mense geëis het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.