Zuma neem opening van wapenfabriek in Saoedi-Arabië waar

Deel op

Die webblad, World Defense het foto’s gepubliseer wat na bewering wys waar President Zuma optree by die opening van `n wapenfabriek in Saoedi-Arabië.

Die presidensie wou tot dusver nie bevestig dat Zuma betrokke was nie, het RSG berig.

`n Foto toon aan waar Zuma langs die adjunk-kroonprins, Mohammed bin Salman bin Abdulaziz staan. In die agtergrond is `n plakkaat wat sê Zuma open die militêre vuurpylfabriek.

Volgens die webblad gaan die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Denel met sy Saoedi-Arabiese eweknie saamwerk.

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan het vroeër gewaarsku dat die Denel sal skuldig wees aan finansiële wangedrag indien hy sonder die nodige toestemming, voortgaan met ‘n gesamentlike onderneming met ‘n maatskappy wat bande het met die Gupta-familie het.

Denel het vroeër gesê hy het ‘n gesamentlike onderneming met die Guptabeheerde VR Laser Services aangegaan en dat al die regsprosesse gevolg is.

Intussen is die transaksie waarvolgens die Gupta-famlie se Oakbay Investments die Glencore mynmaatskappy se Optimum steenkoolmyn in Mpumalanga vir meer as as twee-miljard rand aankoop, afgehandel.

Dit volg nadat Oakbay moes inderhaas ander bankgeriewe moes bekom nadat vier Suid-Afrikaanse handelsbanke hul bande met die maatskappy opgeskort het.

Die banke het hul bande verbreek na gerugte dat die Gupta-familie ‘n onbehoorlike invloed op President Jacob Zuma uitgeoefen het.

Oakbay se bestuurshoof, Nazeem Howa, sê die transaksie bewys net weer Oakbay se betrokkenheid in Suid-Afrika. Hy sê dit het meer as drie-duisend werksgeleenthede gered.

Julius Malema het vroeër gesê Zuma het na die Midde-Ooste gereis om die Guptas se geld uit die land te neem sodat dit nie deur die Resewerbank se kanale hoef te gaan nie.

Zuma het glo R6 miljard in Doebaai afgelewer volgens Malema voordat hy in Saoedi-Arabië aangedoen het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.