Dene onttrek uit Suid-Soedan na hulpwerkers geskiet word

Deel op

Onbekende gewa­pende mans het twee ­noodlenigingswerkers in Suid-Soedan ­doodgeskiet.

Dit sal ’n invloed op die werksaamhede van die Deense groep, die Danish Demining Group (DDG) hê, wat landmyne in die suidelike Yei-streek onskadelik stel.

Volgens ’n verklaring van DDG was die twee oorledenes deel van ’n groep van sewe wat van hul basis in Yei onderweg na hul werkplek was, toe die voertuig waarin hulle gery het, aangeval is.

Die ander vyf werknemers is ongedeerd.

Die twee hulpwerkers was plaaslike inwoners en in diens van die Dene.

“Wat gebeur het, is tragies,” het Christian Jakob Hansen, die afdelingshoof van die Raad op Deense Vlugtelinge aan die Metroxpress koerant gesê.

“Ons het ons aktiwiteite in die gebied waar dit plaasgevind het gestop. Ons het dit gedoen ten einde aan die oorsake van die spesifieke omstandighede van die situasie te kom.”

Die Raad op Deense Vlugtelinge werk sedert 2005 in Suid-Soedan en die DDG sedert 2006 om landmyne ­onskadelik te stel en gewa­pende ­geweldpleging te verminder.

Reeds 50 hulpwerkers is reeds in die gebied gedood oor die afgelope twee jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.