Afrikanervroueregter verwerp staat se argumente om Janusz Walus in die tronk te hou

‘n Beleefde regter in Pretoria, en boonop ‘n Afrikanervrou, het vandag geskiedenis gemaak deur die staat se desperate argumente om Janus Walusz in die tronk te hou, tydens ‘n aansoek om verlof tot appèl te verwerp. Die linkse media, waaronder die Business Day, Mail & Guardian en News24, het in die aanloop tot vandag se uitspraak gedurig daarop gesinspeel dat Walus ‘n “uitermate bose daad” gepleeg het deur sy sluipmoord op die kommunistiese terroris, Chris Hani, uit te voer. Die boosheid daarvan moes swaarder weeg as die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom, Hani se eie terreurdade, asook die dikwels grusame geweld wat ANC-“vryheidsvegters”, gesteun deur die ou Sowjetunie en Oos-Duitsland, gepleeg het.

Feit is dat feitlik al die ANC, APLA en ander terreurorganisasies se boosdoeners amnestie van Biskop Tutu se Waarheidskommissie ontvang het. As “regse blankes”, moes Walus en Clive Derby-Lewis egter meer as 21 jaar in die gevangenis deurbring. Boonop is beide parool herhaaldelik, teenstrydig met wetgewing en regulasies van die departement van korrektiewe dienste, parool geweier.

Ná haar opspraakwekkende uitspraak van 10 Maart, toe sy gelas het dat Walus op parool vrygelaat moet word, het regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen vandag weer eens téén Suid-Afrika se linkse openbare mening in, ‘n uitspraak gelewer waarin die minister van korrektiewe dienste, Michael Masutha, se aansoek om verlof tot appèl teen haar vorige bevinding verwerp word. In haar vorige uitspraak, het regter Janse van Nieuwenhuizen bevind dat die minister “irrasioneel en onredelik” opgetree het deur Walus nie op parool vry te laat nie.

Dié woorde het telkens in die staat se pleit vir verlof tot appèl opgeduik. Die staat se senior advokaat, Marumo Moerane, het geargumenteer dat daar “geen gronde vir haar bevinding was nie”, weens die “gevaar” wat Walus se daad van 23 jaar gelede ingehou het.

Walus se advokkaat, Roelof du Plessis SC, het Dinsdag geredeneer dat ‘n oortreder steeds gestraf word al word hy op parool vrygelaat, maar dat die fokus dan verskuif na sy rehabilitering.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.