Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Deel op

Die polisie in Bloemfontein het mense bedank vir hul behulpsaamheid en die verskaffing van inligting wat daartoe gelei het dat ‘n gesoekte vermeende verkragter en rower aangekeer is.

NUUT!

Die 32-jarige verdagte is Woensdagmiddag by Bochabela in die stad by ‘n vriend se huis deur lede van die Parkweg-polisiekantoor in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming is onlangs uitgereik. Inligting wat deur mense verskaf is het ‘n groot bydrae gelewer tot die polisie se sukses.

Volgens Marope is die verdagte die afgelope vier maande vir verskeie misdrywe in Bloemfontein gesoek. Hy was vermoedelik betrokke by ‘n voorval waarin ‘n bejaarde vrou in Februarie in die Uitsig-woonbuurt in haar huis aangeval, verkrag en van verskeie waardevolle items beroof is.

Marope sê hy word ook met ander voorvalle van verkragting verlede jaar verbind. Die man verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.