Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Deel op

Die swart aanvallers wat ‘n vrou van Welkom verras het terwyl sy gebid het, is nog nie vasgetrek nie.

NUUT!

Die 41-jarige vrou was voorverlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê twee mans met klapmusse en handskoene het agter die vrou gestaan en na haar gestaar.

Volgens hom het die booswigte vermoedelik toegang tot die vrou, wat alleen tuis was, se huis verkry deur ‘n venster in die studeerkamer. Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het ná 12:00 reggemaak om te gaan slaap.

Die mans het haar daarna beveel om stil te bly en op ‘n rusbank in ‘n ander vertrek te sit, sê Thakeng. Hulle het haar kop met ‘n laken toegegooi en haar hande met ‘n handdoek agter haar rug vasgebind.

Die mans het haar met ‘n moersleutel aangeval. Volgens hom het die mans aan die vrou gesê hulle is hier om ‘n plasmaskerm-televisiestel te vat en haar dood te maak.

Thakeng sê die rowers het ‘n televisiestel, ‘n selfoon, huissleutels en drie trouringe gevat. Terwyl hulle op pad uit was, het een van die mans aan die ander man gesê hulle moet doen wat hulle beplan het om te doen.

In reaksie daarop het die ander man gesê hulle moet die vrou alleen laat. Die geskokte vrou kon daarin slaag om haarself te bevry.

Thakeng vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.